Ray Dylan se gunstelinge

Deur Lou-Ann Stone, SARIE - November 2009

Vir baie is hy 'n gunsteling. Hier deel hy sy gunsteling spesiaal met sarie.com-gebruikers.

Almal ken die country-rocker Ray Dylan se liedjie Hokaai stoppie lorrie. Sy CD Breek die ys het pas dubbel-platinumstatus bereik. Hy toer die land vol en jy't hom waarskynlik al op 'n kunstefees raakgehoor. Ons gesels met hom.

Hoe was dit om aan die 10de Skouspel deel te neem?
Dit was 'n groot eer om vanjaar na Skouspel genooi te word. Ek glo dit is die grootste in SA en vanjaar was ekstra spesiaal en 'n groot hoogtepunt.

Waarmee is jy tans besig?
Om aan 'n nuwe album te werk wat aanstaande jaar (2010) bekend gestel sal word.

Doen jy Desember 'n vakansietoer? Waar kan ons kom kyk?
Jy kan maar sê ek is op 'n vakansietoer. Ek sal te sien wees by al die ATKV-oorde landwyd in Desember. Al die datums is op my webwerf www.raydylanonline.co.za beskikbaar.

Wat was tot dusver die hoogtepunt van jou loopbaan?     
Die feit dat ek vanjaar twee Vonk-toekennings gewen het en dat Breek die ys al dubbel-platinumstatus bereik het.

Met wie sal jy nog graag 'n verhoog wil deel?
Dozi. Hy's 'n goeie vriend en 'n goeie musikant en dit sal lekker wees om saam met hom op te tree.

Ray se gunstelinge

Kos: Filet met pepersous
Drankie:
Droë witwyn
Fliek:
Legends of the Fall
Sanger/es:
Elvis Presley
Vakansieplek:
Yzerfontein of die Bosveld

Verwante artikels

  • Emo Adams verklap...

    Emo Adams verklap...

    SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6

    Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met ’n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek. Hy verklap sy gunstelinge.

  • Wat jy nie van Robbie Wessels geweet het nie

    Wat jy nie van Robbie Wessels geweet het nie

    SARIE September 2010 | Kommentaar: 1

    Dis al vier jaar sedert die sanger Robbie Wessels se befaamde (en berugte) supertreffer. Deesdae kyk hy heel anders na musiek. En hier's nog 'n paar ander dinge wat jy nie van hom geweet het nie...

  • Watter Ray Dylan-styl verkies jy?

    Watter Ray Dylan-styl verkies jy?

    SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6

    Afrikaanse country-rocker Ray Dylantoer die land vol en jy't hom waarskynlik al op 'n kunstefees raakgehoor. Sy album Breek die ys het al platinumstatus bereik.

Kommentaar

  • Ray ek het 'n kleindogter sy is net 3jaar oud en sy is mal oor jou en sy ken ook al jou musiek ek dink jy is 'n pragtige mens. Kleindogter se naam is Zianke De witt en sy bly in Rustenburg Groete Ouma Marie

    29ste Mar. 2010, 14:28
  • Hy is 'n wonderlike mens!! Ray jy ROCK MEISIES VAN POTCH BO!! LOVIES 'n vriendin van die vrystaat

    3de Nov. 2009, 10:15

Web Development by FormFunction