Robbie Wessels wys sy foto's, vertel hoekom hy oorsee is

SARIE September 2010

Dis al vier jaar sedert die Leeuloop, die sanger Robbie Wessels se befaamde (en berugte) supertreffer. Deesdae kyk hy heel anders na musiek.

In die September-uitgawe van SARIE maak Robbie sy hart oop en gesels oor of daar lewe ná die Leeuloop is. Hy is pas terug van 'n oorsese reis van langer as vyf maande.

Wat het jy vir langer as vyf maande oorsee gaan maak?
Ek wou nog altyd vir 'n ruk uit die musiekbedryf wegkom en 'n ordentlike breek vat om te kyk watter ander belangstellings ek het. Toe het ek besluit om saam met 'n groep vreemde mense van Amerika, Europa en Korea 'n verrykingskursus te gaan doen.

Ons was vir drie maande in Hawaii vir opleiding. Vandaar is ons Los Angeles, New York en Haïti toe vir uitreike. Ek het nie een liedjie geskryf terwyl ek daar was nie. Ek wou 'n ander deel van myself ontdek. Ek voel nogal rustig.

Dit was dapper van jou om ná die groot aardbewing Haïti toe te gaan.
Haïti was 'n ervaring. Ons moes 'n tolk kry, want ek het nie die taal verstaan nie. Hulle praat Kreools. Ek het nog nooit so warm gekry nie. Dit was 40°C en bedompig. Jy sweet van die oggend tot die aand. Ek was vier maande ná die aardbewing daar. Ons het in die hoofstad Port-au-Prince geland, waar die meeste skade aangerig is. Daar is dele waarvan niks oorgebly het nie. Ons het Saint-Marc, 'n dorp twee uur vanaf Port-au- Prince, besoek. Die aardbewing het nie dié dorp getref nie.

Verwante artikels

Galery

  • Robbie Wessels
  • Ek en my twee broers, Hamilton en Francois (middel)
  • By my CD-bekendstelling in PTA, ek was 'n karakter!
  • Ek en my vriend Prop, speel by Carousel Casino
  • Ek en broer Hamilton by olifantpark, Knysna
  • Ek en Jan en Gerrie (2 vriende), Engeland
  • Die band kuier in Doebai toe ons op toer was

Kommentaar

  • dit is wonderlik om te weet iemand kan 'n hart he vir ander wat alles verloor het en om te besef in elke mens is daar 'n kant wat weet DAT DAAR IS 'N WONDERLIKE SKEPPER WAT ALLES WEER NUUT KAN MAAK, dankie dat julle jul geloof deel en dit uitbeeld om vir ander ook iets te beteken veral as jy alles verloor het, dankie 'n waarderende leser wat weer 'n les geleer het, om nederig te wees en elke dag alles te waardeer want dit is net geleen,

    6de Sep. 2010, 09:36