Roger Federer se ma gesels met SARIE
5 minute met Lynette Federer tennissensasie Roger Federer se SA ma, wat haar seun van kleins af ondersteun
Waar het jy grootgeword?
In Kempton Park.
Praat jy nog Afrikaans?
Ja, maar nie Roger nie. My kinders verstaan so 'n bietjie.
Wie is jou gunsteling-speler, behalwe Roger?
Ek geniet dit altyd om Roddick, Hewitt, Safin en Tsonga dop te hou.
Wat doen jy as jy verveeld raak om tennis vir dae en weke aaneen te kyk?
Ek raak nooit verveeld nie. By die Grand Slam-toernooie speel Roger gewoonlik elke tweede dag. So, die dae wat hy nie speel nie, besoek ek 'n museum, speel 'n bietjie gholf, gaan gimnasium toe en gaan uit vir aandete saam met die span. Ek geniet ook opera en musiekblyspele.
Wat was jou aandeel in Roger se sukses?
As ouer lei en ondersteun jy jou kinders. Oor naweke het hy beslis baie by ons by die tennisklub geleer. Ons het hom nooit gedwing om te speel nie. Hy het van kleins af teen kaste en mure gespeel.
Sou jy self 'n internasionale tennisster wou wees?
Ek het nog nooit daaraan gedink nie . . . Ek glo nie.
Kom sy talent van jou?
Ek dink dis 'n mengsel van my en my man se gene. Ons was albei baie sportief en het tennis gespeel, gaan stap, ski, swem en fietsry. My man het muurbal en tafeltennis saam met Roger gespeel toe hy baie klein was en ek het graag sokker saam met hom gespeel.
Verwante artikels
-
Rafael Nadal - die gesig van Lanvin se nuwe mansgeur
SARIE - September 2009
Die Franse modehuis Lanvin het besluit om die geur van tennis in die lug te spuit.
















Kommentaar
SUZETTE MULLER het gesê:
My naam lyk nie nou reg nie,LW SUZETTE MULLER.
27ste Sep. 2009, 12:45Suzette Muller het gesê:
MuSuzette ller vetel: Goed om te weet jy is verwant aan soveel bekendes hier in Mosselbaai, Aggie Marais van Namibie(ook voorheen van Mosselbaai) familie van Lynette hou ons almal op hoogte
27ste Sep. 2009, 12:42Marina Buitebdag het gesê:
Wat 'n wonderlike rolmodel is Roger nie!!! Altyd nederig,koel en kalm. Kan nie genoeg oor hom lees nie Baie sterkte en mag hy net suksesvol wees. Mang ons nog lank die voorreg he om na sy tennis te kan kyk.
23ste Sep. 2009, 17:48