Ryk Neethling se meisie die nuwe gesig van Triumph
Die 25-jarige Tammy Farrell en meisie van swemsensasie, Ryk Neethling, is as die gesig van Triumph-onderklere vir hul 2011 advertensieveldtog aangewys.
Sy antwoord 'n paar vrae vir sarie.com:
Hoe voel dit om die nuwe gesig van Triumph-onderklere te wees?
"Ongelooflik! Ek is so opgewonde. Triumph is 'n gevestigde handelsnaam in Suid-Afrika en om gekies te word as verteenwoordiger is 'n wonderlike geleentheid."
Wat sê Ryk (Neethling) van alles?
"Ek het mos vir jou gesê!" was sy antwoord. Ryk is baie bly vir my en is baie ondersteunend.
Hoe het jy en Ryk mekaar ontmoet?
"Ons het in die begin van die jaar by Val De Vie in die Paarl tydens 'n polo-wedstryd ontmoet. Ryk is betrokke by die ontwikkeling daar en is ook besig om 'n wyn te ontwikkel. Ons is voorgestel deur 'n gemeenskaplike vriend en het sommer dadelik geclick."
Wat is jou skoonheidsroetine?
"Ek reinig en bevogtig elke oggend en aand my gesig, en gaan slaap nooit met grimering aan nie. Ek drink baie water en oefen gereeld."
Wat is jou gunsteling-tydverdryf?
Ek is oor die algemeen baie besig, want ek werk en studeer gelyk. Ek studeer tans by die Universiteit van Kaapstad waar ek my nagraadse diploma in geoktrooieerde rekeningkunde doen, so naweke hou ek daarvan om uit te eet en 'n bietjie te kuier. Ek is ook mal oor die buitelewe en draf gereeld in die berge of chill net op Kampsbaai se strand of in Pretoria saam met Ryk.
Wie is jou rolmodel?
Om eerlik te wees, ek het nie regtig een spesifieke rolmodel nie, maar wat ek in mense bewonder, is eerlikheid en hardwerkendheid. Mens kan so baie in die lewe bereik as jy jou kop daarop sit. Niks kom maklik nie, maar met harde werk kan jy amper enige doel bereik.
Wat is jou gunsteling-klerehandelsnaam?
Ek gaan deur sulke fases, maar op die oomblik is dit Country Road by Woolworths. Mens kry altyd iets daar, of dit nou 'n gemaklike T-hemp is of 'n cocktail-rokkie. Hulle het die mooiste klere.
Die geleentheid, The Beauty of Triumph, was by die elegante 15 on Orange Hotel in Kaapstad. Die beoordelaars was onder meer die huidige Triumph-skoonheid en Top Billing-aanbieder, Lyndall Jarvis, Randall Abrahams van Idols en 5FM-aanbieder, Poppy Ntshongwana.
Die ander 9 finaliste was: Hazel Joubert, Kerryn du Rand, Carol Makhathini, Marike Wessels, Aurelia Nxumalo, Kesiah Frank, Charne Jade Slee, Taryn Kim Cornelius en Ntombi Ngubane.
Kyk dié video van zimbio.com
Verwante artikels
-
Guess-model Candice Boucher verklap: Sexy is...
Top Suid-Afrikaanse model, Candice Boucher, verklap wat haar daardie sensasie laat ervaar.
-
Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
SARIE September 2010
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
-
Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni Winckler oor Heat Hot 100
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Aletté-Johanni Winckler hou jou van nou af op hoogte van alles wat op die rooi tapyt gebeur. Kry 'n eksklusiewe agter-die-skerms-kykie na al die glansgeleenthede in SA!
-
Tennismodes op die baan
SARIE September 2010
Talle oë by die Amerikaanse Ope is op die 20-jarige Deense speler Caroline Wozniacki gerig, wat in 2009 die naaswenner in die vroue-afdeling was.
-
The Good Wife-aktrise nuwe gesig van L'Oréal
SARIE September 2010
Julianna Margulies, Emmy-wenner vir haar rol in die treffer-TV-reeks The Good Wife, is pas aangewys as die nuwe gesig van skoonheidshuis, L'Oréal Paris se teenverouderingsvelsorgreeks, RevitaLift.
-
VIDEO: Elma Postma in Hannon se parfuumadvertensie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Glam Guru, Hannon, het die pragtige Elma Postma, tans aanbieder van Boer Soek 'n Vrou, gekies as die gesig vir sy Hannon-parfuumreeks, Be Glam by Day en Be Glam by Night.
















Kommentaar
Sonja het gesê:
Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wenner met haar voete plat op die grond
25ste Sep. 2010, 10:40Sonja het gesê:
Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wenner met haar voete plat op die grond
25ste Sep. 2010, 10:40Sonja het gesê:
Sonja Baie Geluk ek weet nie wie is die mees bevooreg Ryk of Truimph,voorwaar n wennermet haar voete plat op die grond
25ste Sep. 2010, 10:40Mercia Smith het gesê:
Sy is pragtig :0)
20ste Sep. 2010, 10:28