Ryk Neethling se suster oor haar kankerstryd
Hoe gaan dit nou met Elsjé Blair ná haar jarelange stryd teen kanker?
TOE
“Ek kon natuurlik verdere operasies weier, maar dit sou nie regverdig teenoor my en God en almal wees om die een kans wat ek het, te laat gaan nie.”
NOU
“Daar is oomblikke dat ek alleen in my kamer huil, maar ek’s net so bly om te leef. Die Here het my genees.”
Toe ons in September 2010 oor Elsjé geskryf het, was dié Bloemfonteinse joernalis se liggaam afgetakel ná verskeie brein- en rugoperasies weens kanker.
In Julie het sy vir ’n MRI-skandering gegaan. Toe die neurochirurg vir haar sê die gewas is weg, het sy ’n “stortvloed emosies” ervaar.
“Dis die eerste keer in agt jaar dat ek heeltemal skoon is. My man was sprakeloos van skok. Ek is net só dankbaar.”
Intussen floreer haar krale-onderneming HIP*E en haar gemeenskapsprojek “I bead cancer”. Sy skryf ook aan haar outobiografie, wat in November gepubliseer gaan word.
“Ek’s nie bang die kanker kom terug nie. Ek’s ook nie meer bang vir pyn nie. Al wat ek nou ervaar, is vrede.”
















Kommentaar
liefie jordaan het gesê:
Net vrede vir jou jou pragmens!!
30ste Jan. 2012, 10:14Lucille Jacobs het gesê:
Ek is elke dag verstom oor die Here se genade en Sy genesende krag. Ek ken haar nie eens nie en het trane in my oe gekry toe ek lees dat sy skoon is, ek kan net dink hoe dankbaar sy en haar vriende en familie is:-)
10de Jan. 2012, 15:40Laura Appelcrijn het gesê:
Ek is saam met jou baie bly, en ek weet ONS God maak nooit n fout nie. Mag die Here jou seën.
10de Jan. 2012, 15:19Johlene Koegelenberg het gesê:
Mag die Here jou styf vashou in Sy Geneeshende hande, en ek is dankbaar vir die genesing wat hy aan jou gegee het. Mag dit net goed gaan met jou.!!! Bid vir jou. Die Here seën jou met sy Genade en Liefde.
10de Jan. 2012, 15:11Magdalena het gesê:
Jy's 'n inspirasie vir elkeen van ons. Weet die Here sal jou volkome genees. Gods Rykste Seen vir jou.
10de Jan. 2012, 12:59Denise het gesê:
Mag God jou so seen dat die kanker nooit weer sy verskyning maak nie. Jy is defnitief "n inpirasie vir ander. Net gister se ek vir 'n kollega, dat wat ookal God in my pad plaas al is die siekte, vra ek nie hoekom?, want God ken die rede daarvoor. Dalk gebruik hy my (of ander) om te dien as 'n vorrbeeld van sy goedheid en genade. Ek glo daar is 'n rede vir als wat inmy lewe gebeur. God seen.
10de Jan. 2012, 10:15