Sandi Schultz se modereeks
Foto’s: verskaf: www.sassdesigns.co.za Galery
Sandi Schultz is nie net Binnelanders se Dr. Jennifer en 'n gesoute aktrise nie. Sy't ook sedert verlede jaar haar eie modereeks, Sass.
Lou-Ann Stone het vinnig met haar gesels.
Wanneer het jy begin dink aan modeontwerp?
Ek't mos maar nog altyd vir myself klere en goed gemaak, en wanneer ek die rokke gedra het, was mense se reaksie altyd: "I want one!". Toe dit lyk asof ek uit Binnelanders sou gaan, het ek gedink die modebedryf is die ideale ding. Dit was so Julie verlede jaar.
En die naam, Sass?
Sass is my bynaam: Sandi Sass Schultz.
Een van die rokke, die One Dress, kan op byna 12 verskillende maniere gedra word . . .
Die One Dress is die centre piece van my reeks, dis waar alles begin het.
Jy't glo een van die rokke op Survivor gedra?
Ja, maar ek't daardie een 'n bietjie ge-customize. Dit moes op die ou end dien as 'n broek, 'n muskietnet, 'n kombers en selfs 'n sak waarin ek op 'n tyd almal se nat wasgoed gedra het!
(Ek stel voor Sandi begin haar reeks in Cape Union Mart bemark . . .)
Hoe gaan dit nou, het jy al 'n span wat jou help?
Ja, daar's iemand wat my patrone finaliseer en my deurgaans help. Ek is juis op pad fabriek toe om samples te gaan kyk. Ek werk aan my eerste broek-ontwerp. Dan's daar 'n paar jasse en overtops op pad. Daar lê interessante dinge vir 2010 voor.
Waar is jou reeks beskikbaar?
Dis vir nou in die Johannesburg-area in boutieks. Veral in Midrand, Centurion, Pretoria, Parkhurst en Sandton. Ek hoop om die reeks binnekort in die Kaap te hê.
Jy en Lady Lea gaan glo 'n liedjie saam opneem? Gaan jy op haar CD sing, of sy op joune?
Ons het op die eiland saamgesing en 'n bietjie daaroor gepraat. Ons sou 'n paar weke gelede dit opneem, maar toe's ons te besig. Dit sal die een of ander tyd gebeur. Ek't al 'n paar songs geskryf en sal dit graag eendag wil opneem, maar vir nou begin ek klein.
* Wil jy meer van Sandi se Sass-reeks sien of jou One Dress bestel? Klik by www.sassdesigns.co.za (Die groottes word só aangedui: Va-voom tot Va-va-va-voom.)
Sandi se gewilde One Dress word hier op 4 maniere gedra deur 'n model. Klik op die webtuiste vir nog 8 ander style.
Verwante artikels
-
Sandi Schultz se hoop, vrees en lewenslesse
SARIE - November 2007
Met haar eie verhaal van verkragting en molestering wil aktrise Sandi Schultz - alias dr. Jennifer Adams in M-Net en kykNET se dramareeks Binnelanders - ander vroue help.
-
Sandi Schultz: ‘Dit gaan nie oor my buitekant nie. Ek wil goed voel’
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 4
Sandi Schultz, wat ons veral ken as dr. Jennifer Adams van Binneland Sub Judice, is op 28 verkrag. Sy’t daarna byna 10 kg aangesit en ook met skildklier probleme en siste op haar eierstokke gesukkel.






















Kommentaar
alida ellis het gesê:
Hallo Sandi Waar word jou rokke verkoop,watter winkels. Groete Alida Ellis jeaellis@yahoo.com
16de Sep. 2010, 13:56reinett van zyl het gesê:
met een woord, fantasties!hoop ons kry dit in die kaap ook.
22ste Jun. 2010, 14:18Amanda de Stadler het gesê:
Pragtig! By watter winkels kan ons vra?
21ste Jun. 2010, 12:37Jackie Steyn het gesê:
Ek hou baie hiervan! Wat 'n wonderlike rok!! Wanneer sal dit in die Kaap beskikbaar wees?
13de Mar. 2010, 13:21