Sandra Bullock: "In my 40's lewe ek soos ék wil"
Sandra Bullock is pas met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Blind Side bekroon. Ná sy haar in haar 20's oor als bekommer het en deur haar 30's gewerk het, lewe sy op haar manier in haar 40's.
Sy maak films, kweek organiese avokadopere en jaag met 'n motorfiets deur die woestyn. Is daar iets wat sy nie sal aanpak nie?
"My tienerjare en vroeë 20's was nie vry en sonder kommer nie, soos jongmense dit nou maar het. Die ag-kom-ons-vergeet-van-alles-dis-die-goeie-tye-stadium is by my verby, want ek was bekommerd as ek nie werk, werk, werk nie, sal ek nooit iets bereik nie. Nóú, in my 40's, gun ek myself die vryheid om niks te doen én hope pret hê," sê Sandra Bullock op Harper's Bazaar se webtuiste.
Sy's al vir 4 jaar met Jesse James (40) getroud en stiefma vir sy kinders Chandler, Jesse Jr., and Sunny.
"'n Mens hoef nie geboorte te skenk om 'n familie te hê nie. Ek gaan nie vir twee sekondes van my lewe wens ek het iets, terwyl ek voor my siel weet ek dit nie het nie. Dis moeilik om dinge op jou manier te doen wanneer almal anders vir jou sê jy moet dit doen soos hulle dit doen."
G'n SJP of Nicole Kidman as dit by mode kom nie, beweer Bullock.
Sy's ewe tuis in Dior-aandrokke as in 'n paar motorfietsstewels in die middel van die woestyn. En dit is soms juis hoekom ons so baie van haar hou. Wanneer sy egter by haar huis in New York is, hou sy daarvan om met modes te eksperimenteer en 'n paar vergete items uit die kas te haal. Sy bewonder mode-sterre soos Sarah Jessica Parker en Nicole Kidman, maar laat haarself nie in dié kategorie geld nie. ('n Mens sou dit nie sê na daardie pragtige Marchesa-rok wat sy by vanjaar se Oscars aangehad het nie...)
Vir langer as 15 jaar betower sy op die grootskerm. Sy doen alles wat die sterre doen - haar man is bekend, sy maak groot flieks, sy gee miljoene vir liefdadigheid, maar als sonder die fanfare.
Is daar iets wat sy nie sal aanpak nie?
"'n Musiekblyspel. Ek kan nie sing nie. Ek ken my perke."
Verwante artikels
-
Almal wil soos Sandra Bullock lyk!
SARIE - Februarie 2010
Volgens 'n berig in die Wall Street Journal het Sandra Bullock die mees inspirerende rooitapyt-styl.
-
Celebs op hul mooiste op 40 - Suzette, Jennifer, Halle, Nicole
SARIE September 2010
Vir baie vroue lê die ouderdom 40 op die jaarkalender soos 'n berg voor hulle. Maar is dit regtig só erg?
-
Hoe sal Jeannie D en Loyiso Bala in 2050 lyk? Foto's
SARIE September 2010
In 2050 sal glansmense soos Jeannie D en Loyiso Bala dinge soos 'n universele waterskaarste, aardverwarming en die moontlikhede van ruimtereise moet hanteer.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Sandra Bullock is Vrou van die Jaar
SARIE - Desember 2010
Sandra Bullock is deur People Magazine aangewys as Vrou van die jaar.
-
Só lyk Sandra Bullock se aanneembaba, Louis
SARIE - Mei 2010
2010 was haar grootste, maar sekerlik ook haar seerste jaar. Sandra Bullock het haar eerste Oscar gewen, maar intussen het haar huwelik met Jesse James verbrokkel.
-
Suzette van der Merwe oor 40-wees
SARIE - Julie 2009
Vir Suzette van der Merwe, voormalige Mej. SA en tans kommunikasiekundige, is 40 soos ’n wedergeboorte
-
Wat het Oprah, Meryl Streep en Sandra Bullock in gemeen?
SARIE - November 2010
Daar's nog nie sprake van draaiboek nie, maar Meryl Streep, Oprah Winfrey en Sandra Bullock het reeds ingestem om in Michael Patrick King (skrywer/regisseur van Sex and the City) se nuutste (nog naamlose) fliek te speel, berig www.slashfilm.com.
-
Wat is jou beste jare? 20's, 30's, 40's, 50's?
SARIE Maart 2010
















Kommentaar