Sanger Vaughan Gardiner het 'n toekoms wat blink
Vaughan is Sean Else en Johan Vorster van Mozi Records se nuwe vonds. Dié twee het ’n oog vir sukses, met kunstenaars soos Bok van Blerk en Lianie May in hul stal. Vaughan was ook een van die benoemdes vir ’n Vonk-toekenning as beste nuweling in 2009.
“Hy sweet musiek en talent,” sê Sean. “Hy sing en skryf nie net nie, maar vervaardig ook. So het hy Bok van Blerk se CD Afrikanerhart vervaardig. Hy’t die vermoë om op alle musikale vlakke te ontwikkel.”
Passie: Hoewel hy syfervaardig is, het Vaughan besluit om nie verder vir ’n geoktrooieerde rekenmeester te studeer nie, maar eerder heeltyds musiek te maak. “Ek wil nie soggens opstaan en ongelukkig wees met wat ek doen nie. Ek wil musiek lééf, my lewe lank.”
Debuut-album: “Wie ek is is ’n kombinasie van pop- en rock-musiek, met klassieke elemente soos viole wat ook in my liedjies gehoor kan word.”
Lewe in die kollig: “Ek gaan nederig bly en my voete op die aarde hou, maak nie saak hoe gewild ek word nie.”
X-faktor: “Mense moet welkom voel as hulle na ’n optrede kom kyk. Ek glo ek kry dit reg.”
* Besoek ook www.mozirecords.co.za.
* Kyk na sy video van “Gooi jou arms om my”.
Verwante artikels
-
Anel Alexander is diskreet oor die liefde, Bok en paaldans
SARIE - April 2007
Anel Alexander is nie nét ’n sepie-ster nie. Háár wil jy lees - weer en weer, sê Bart van 7de Laan
-
Bok van Blerk
SARIE - Junie 2009
-
Hanna Grobler, Bok van Blerk se nuwe meisie?
-
Tobi Jooste: Soos hy dit sien
SARIE - April 2010
Tobi Jooste, smeulende sanger, TV-aanbieder, model skrywer, sê wat hom laat tiek . . . en droom.
-
Vaughan Gardiner - ons nuwe superster?
SARIE - Junie 2009
















Kommentaar