Shaleen Surtie-Richards se lewenslesse en gunstelinge
Shaleen Surtie-Richards het vir Marguerite van Wyk vertel wat haar tien belangrikste lewenslesse is...
1. Lag baie, veral vir jouself.
2. Wees altyd eerlik. Om te lieg moet jy te veel fokus, want jy moet onthou!
3. Moet nooit Nuwejaarsvoornemens maak nie, want jy breek dit dieselfde aand nog.
4. Hou op spog met hoeveel kilogram jy verloor het, want hulle kom terug met familie en vrinne en kom sit vir ewig. En hulle bly verniet sit vir ewig.
5. God is daar om te vergewe, so wie is ek om nie maklik te vergewe nie?
6. Moet nooit vingers wys na ander nie. Vee liewers voor jou eie deur. Dit help nie jy kritiseer nie. Probeer eerder mense opbou.
7. Moenie 'n hond skop wat lê nie. Tel hom eerder op en gee hom kos.
8. Dit kos jou niks om uit te reik na dié wat geval het nie.
9. Ek hou nie van onmin en kwaaivriende wees nie. Sê liewers iets in iemand se gesig en sorteer dit uit in die privaatheid. Moenie konsert hou en iemand verkleineer voor ander nie. Dit dui daarop dat jy 'n swak selfbeeld het.
10. Ek glo daaraan dat kinders af en toe 'n paar rapse moet kry. Hierdie sielkundige bollie dat mens dinge moet uitpraat met kinders werk nie vir my nie.
GUNSTELINGE
KOS: Kaaps-Maleise kerrie, braaivleis en Chinese kos
AKTRISE: ’n Hele paar, maar Anna-Mart van der Merwe
AKTEUR: Dawid Minnaar, Hans Strydom
FLIEK: Fried Green Tomatoes
PLEK: Met my kop op my ma se bors
GOUE OOMBLIK: Toe Mamma vir my sê: ‘Jy kyk so mooi na Mamma dat Mamma nie meer vir Pappa so baie mis nie.’
DIE MENS WAT JY DIE MEESTE BEWONDER: My ma!
LUUKSES: My instap-hangkas, my reuse flat screen-TV en die jacuzzi in my kamer.
Verwante artikels
-
Anna-Mart raak persoonlik
SARIE - Augustus 2007
Almal weet – Anna-Mart loop nie met haar hart op haar mou nie. Maar teenoor haar jare lange vriendin en mede-akteur Henriëtta Gryffenberg maak sy tog ’n skrefie van haar binneste oop . . .
-
Hier kom Shirley van Bellville...
SARIE - April 2008
Shaleen Surtie-Richards was nog nooit op haar mond geval nie. En nóú moet jy eers pasop! As die verafrikaanste Shirley Valentine sal sy gehore weer aan haar voete hê
-
Jo-Ann Strauss se kosbaarste lewensles
SARIE - Desember 2009
-
Pieter-Dirk Uys se 10 lewensreëls
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 4
Volgens dié 10 reëls kán 'n mens maar leef!
-
Rocco de Villiers: "Ek's mal oor ..."
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
SARIE se gunsteling-foto's van Anna-Mart
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 8
Sy was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad. En altyd het sy gegéé voor die kamera.
-
Shaleen Surtie-Richards oor Egoli
SARIE - April 2010
-
Shaleen Surtie-Richards oor spiritualiteit: "Ek's nou nie die Engel Gabriël se bloedsustertjie nie..."
SARIE Julie 2010
-
Shaleen Surtie-Richards se foto's
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 7
-
Shaleen Surtie-Richards: Dié keer is sy nie 'n ou tannie nie
SARIE - Januarie 2011
"Ek is só opgewonde om weer op 'n sepie-stel te werk!" vertel die gesoute aktrise Shaleen Surtie-Richards, wat vroeg in Februarie 2011 begin skiet vir die kykNET-sepie Villa Rosa.
-
Shaleen, hoe't jy gevoel toe ...
SARIE - April 2010
...jy vir oulaas die deur van Nenna se woonstel agter jou toetrek?
-
Soli Philander kyk na binne
SARIE - Desember 2009
-
Zelda la Grange, Mandela se uitvoerende assistent
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
















Kommentaar