Stefan Ludik wys sy gunsteling-foto's, en vertel van sy skoolprojek
Foto’s: verskaf Galery
Wie sou nou kon raai dat dit Stefan Ludik op die foto hiernaas is? Dié hartebreker van Namibië het ook van sy ander gunsteling-foto's gestuur.
Die skindertonge het beweer dat hy en Natalie Becker 'n paartjie is. Lees wat Stefan daaroor te sê het.
"Hier is so paar van my gunsteling-foto's. Die foto's is geneem gedurende my toer- en jeugprojek in Namibië waar ek saam met Bank Windhoek (hulle het my aangestel vir die projek) die jeug gaan motiveer om groot te droom en hard te werk in die skool om eendag hul drome te bereik.
Dis rêrig 'n pragtige projek waarop ek baie trots is en dit bring vir my ook groot vreugde om met al die kinders reg oor Namibië te gesels. Die projek is nou al 4 jaar aan die gang en ek toer nou juis weer die einde Februarie vir twee weke en dan sal ons nog so drie toere tot aan die einde van die jaar inpas.
"Ek sing by die geleenthede 'n liedjie wat ek spesifiek vir die projek geskryf het, wat gaan oor hoe elkeen spesiaal is en dat elkeen sy droom kan bereik deur in jouself te glo, hard te werk en te weet dat jy nommer een is.
"Dan gesels ek bietjie met die kinders oor wat hulle drome is en hoe hulle daar gaan uitkom. Wat is belangrik om te doen op skool en in jou lewe en dan gee ek 'n paar goedjies weg, soos spaarbussies, skryfgoed, ens. Ons sing, lag, dans en ek probeer die kinders motiveer om die beste te doen met wat hul het. Dis 'n baie energieke 30 min-vertoning by so 3 skole per dag...
My ander projek is die "Stefan Ludik Youth Fund" wat ek laasjaar begin het. Met fondsinsameling fokus ek op Namibië se jeug, wat baie na aan my hart lê. Ons samel geld in met projekte soos my musiek-shows, funksies en donasies van mense en besighede. Met die donasies koop ons dan bv. kos, klere, yskas, toerusting ens. wat kinderhuise of welsyn-instansies nodig het." - Stefan Ludik
Verwante artikels
-
Akteur Stefan Ludik: "Ek wil my laaste dag op aarde saam met my ma deurbring"
SARIE - Junie 2010
Onlangs het Stefan Ludik (28), akteur, sanger en TV- persoonlikheid, sy ma, Susan, in namibië gebel en vir haar gesê as hy sou weet hy het net een dag om te leef is sy die mens met wie hy daardie dag wil deurbring.
-
Is dit Stefan Ludik se nuwe 'meisie'?
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 4
Die Namibiër Stefan Ludik, hartebreker-akteur en sanger met die lang kuif, se sterstatus het als begin toe hy ná matriek in Namibië se onder-19 krieketspan gespeel het by die Wêreldbeker-toernooi in Sri Lanka.
-
Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni by Cell C launch
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Noudat ons ’n wonderlike hulp gekry het met Lian is ek en Heinz ’n bietjie meer buigbaar om weer oë te wys by fantastiese funksies. En daarom was dit maklik om die uitnodiging na die “Hottest mobile launch in Joburg” te aanvaar.






























Kommentaar
Natangwe het gesê:
I admire the passion you have for what you do. even when you look like you have had enough, you still give your best. you are an inspiration. Keep it up.
7de Mar. 2010, 21:07Pam van Zyl het gesê:
Ai Stefan .. jy is darem regtig 'n wonderlike ambasadeur vir ons land. Ons is regtig soooo trots op jou! Voorspoed in oorvloed! Pam van Zyl
3de Mar. 2010, 07:43Johanna Pudar het gesê:
Mooi so en baie sterkte,trots op jou!! Ek mis Nam.na byna 3jr in Serwie.
1ste Mar. 2010, 15:39