Steve Hofmeyr oor Nádine
"Ek het die liedjie 'Kaapse draai' vir Nádine gegee om te sing," vertel Steve.
"Goeie liedjies is skaars en ek gee nie lukraak deuntjies weg nie, maar sy't haarself reeds bewys as iemand wat jou materiaal sal maak werk. Ons stemme werk goed in duet en daarom kon ons dit al baie saam sing."
Nádine kon 'n sukses van haar musiekloopbaan maak oor haar uithouvermoë en omdat sy die moeilike oorgang van kinderster na diva gemaak het, sê Steve. "Sy gee nie moed op nie en verwoord die verskillende dekades vir elke generasie beter as die meeste. Die res van ons sit vas op een plek. "As sang is wat jy jouself belowe het om lewenslank te doen, help dit nie om lui te wees nie. Nádine werk soos 'n maniak.
"Een van haar sterk punte is dat sy kán sing. Sy vertrou nie op te veel foefies nie. Ek dink nie dit sit in enige plaaslike sangeres se broek om 'This Time I Know It's for Real' (die titelsnit van haar jongste CD) te vertolk soos sy gedoen het nie. Sy't talent en passie. Sy't ook die platste magie in die bedryf en dit help dat sy beeldskoon is!" - Steve Hofmeyr
Verwante artikels
-
Afrikaanse fliek, Bakgat 2 - hier's 'n voorskou!
SARIE Augustus 2010
Die Afrikaanse film Bakgat was 'n treffer onder kykers!
-
Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk
SARIE - April 2011
Die gewilde Andrew Lloyd Webber/Tim Rice-rock opera, Jesus Christ Superstar, is danksy Pieter Toerien binnekort op eie bodem te sien met ’n hele rits bekendes op die verhoog.
-
Steve en sy seun Armand saam in konsert + kom kuier agter nuwe musiekVIDEO-skerms
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Steve se nuutste CD, Duisend en een, het reeds platinumstatus bereik. Armand, wie se debuutalbum, Foto's en briewe, pas verskyn het, gaan die voorprogram vir Steve se vertoning lewer.
-
Steve Hofmeyr blog oor Liefling die movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Steve Hofmeyr het onlangs op sy blog oor Liefling, die movie geskryf:
-
Steve Hofmeyr en sy seun maak geskiedenis
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Nuus24 berig dat in Junie 2010, vir die eerste keer in die bestaan van die amptelike weeklikse lys van top-20-CD-verkopers in die land, is ’n pa en sy seun saam op die lys met verskillende CD’s.
-
Steve oor Bakkies en daai kopstamp
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
-
VIDEO: Steve se seun Armand praat
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Steve se seun, Armand Hofmeyr, het onlangs op Kwêla gesels oor sy nuwe loopbaan as sanger. Hy praat ook oor sy grootwordjare en wys familiefoto's. Wat sê Steve oor Armand se loopbaan?
-
Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?
-
Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
SARIE Augustus 2010
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).
















Kommentaar
Amelia Ireton het gesê:
Steve jou bek moet jam kry want kyk sy is pragtig deur en deur en jy is fabulous om nie soos baie te beledig en sleg te se nie !!!
16de Aug. 2010, 15:21