Suzette van der Merwe oor 40-wees
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Vir Suzette van der Merwe, voormalige Mej. SA en tans kommunikasiekundige, is 40 soos ’n wedergeboorte
"Dis asof ek uiteindelik in myself 'ingegroei' het en alles vir die eerste keer inmekaar pas. Ek is verbaas my lyf en gesig lyk nog so goed. Ek is nie perfek nie – ek het fyn plooitjies, bykomende gewig om my middel en alles begin effens afwaarts neig! Maar ek voel goed én ek het ’n onwrikbare geloof in my vermoëns en respek vir die keuses wat ek al gemaak het. Die meeste pret wat ek nou het, is om nes te skop. Dit klink vervelig, maar dis heerlik.
"Ek voel nie wyser nie. Inteendeel, met ouderdom kom insig dat die lewe broos en breekbaar is. Jy het nie versekering teen seerkry en mislukkings nie. Dit help nie om jouself jammer te kry nie, want elkeen het ’n storie wat seerkry insluit. Ek het geleer om néé te sê. “Nee” is ’n hele sin en het nie ’n verduideliking nodig nie. Op 40 ervaar ek die vrymoedigheid om eerlik met myself te wees oor wat ek wil en nie wil doen nie.
"In my 30’s het ek van my beste en hartseerste tye beleef. Ek het die lewe aan twee wonderlike kinders, Graydon (9) en Skye (7), geskenk. Maar my huwelik was afbrekend en ek is geskei.
"In my 40’s beleef ek ’n gevoel van nou of nooit: Ek moet nóú na my gesondheid kyk en finansiële sekerheid ’n prioriteit maak."
Vertel ons: Wat is lekker van jóú ouderdom?
- Hare Saadique met L'Oréal
- Grimering Alex Botha en Marilyn du Preez
Verwante artikels
-
Celebs op hul mooiste op 40 - Suzette, Jennifer, Halle, Nicole
SARIE September 2010
Vir baie vroue lê die ouderdom 40 op die jaarkalender soos 'n berg voor hulle. Maar is dit regtig só erg?
-
Sandra Bullock: "In my 40's lewe ek soos ék wil"
SARIE Maart 2010
Sandra Bullock is pas met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Blind Side bekroon. Ná sy haar in haar 20's oor als bekommer het en deur haar 30's gewerk het, lewe sy op haar manier in haar 40's.
-
Suzette van der Merwe: ‘Ek was nog nooit verlief nie’
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 6
Suzette van der Merwe was al twee keer getroud, maar het nog nooit regtig liefgehad nie, sê sy eerlik. Vorentoe gaan sy haar hart, eerder as haar kop, vertrou
















Kommentaar