Tickey van Boer soek 'n vrou se raad aan nuwe boere
Foto’s: verskaf Galery
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Tiaan sit nog met sy Jack Russell... 'n paar vorige deelnemers gee die nuwelinge van Boer soek 'n vrou raad
Tickey van Wyk (36) van Loxton, Boer soek 'n vrou 1
Toe en nou:
Tickey en Selme-Louise is Boer soek 'n vrou se suksesverhaal. Hulle het onmiddellik verlief geraak, nie lank ná die reeks nie getrou en is vandag die trotse ouers van klein George (3 maande). Selme-Louise, voorheen 'n onderwyseres, is nou 'n boervrou en het planne om 'n plaasskool in die omgewing te begin.
"Ek dink dit was die Here se wil dat ek liefde moes vind," sê Tickey, 'n skaapboer. "Ek het deelgeneem omdat iemand my ge-dare het en ek gedink het dit gaan pret wees. Maar toe ek vir Selme-Louise leer ken, het ek vinnig gesien dis 'n ernstige storie dié."
Raad aan die nuwe boere:
Tickey het die katterigheid tussen vroue vrygespring.Daar het nie vonke gespat tussen die vroue wat hy gekies het, soos met van die ander boere nie.
"Ek was gelukkig. Ek het verskriklike oulike meisies gehad. Al raad wat ek kan gee, is om die vroue reg te kies. Lees die briewe maar 'n paar keer voordat jy besluit."
Lekker en sleg:
"Boer soek 'n vrou was vir my net goed," sê Tickey. "Dit het vir my my vrou gegee. Ongelukkig kan elke man wat deelneem, nie 'n vrou kry nie."
Hy en Selme-Louise bly 'n gunsteling onder die reeks se aanhangers en het al 'n paar besoeke op die plaas gehad van vreemdelinge wat ongenooid daar opdaag. "Dit is oulike mense wat die reeks geniet het,"vertel Tickey.
Verwante artikels
-
Boer Soek 'n Vrou 2 - FOTO'S
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 29
En Lynda maak haar hart oop in die November-uitgawe van SARIE
-
Boer Soek 'n Vrou se Tickey en Selme-Louise wys hul wittebroodsfoto's
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 14
Die nuus is uit dat Tickey en Selme-Louise hul eersteling verwag. Geluk! Kyk wat het hulle ná hul wittebrood verlede jaar oor kinders te sê gehad het. Hulle wys ook hul wittebroodsfoto's.
-
Hierdie boer hét ’n vrou - Jacobus praat oor sy Ina
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Na afloop van Boer soek 'n vrou 3 is Jacobus en Ina die enigste paartjie wat steeds gelukkig saam is. Jacobus vertel van die lekker en die uitdagings
-
Julle op Facebook oor Boer Soek 'n Vrou 2
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 8
-
Lynda van Boer soek 'n vrou 2
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 16
-
Vroue van Boer soek 'n vrou praat, gee raad
SARIE September 2010
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Lynda en Alna, twee vorige deelnemers, is nou albei gelukkig in nuwe verhoudings weg van dié realiteitsprogram. Hulle deel hulle Boer soek 'n vrou-ervaringe.














Kommentaar
Cunksi Venn het gesê:
Boer soek 'n vrou is 'n "corny" reeks en mens kan nie glo dat die vroulike geslag so naief kan wees om in te skryf nie. Seker hulle doen dit vir die grap en bietjie exposure. Die boere se eerlikheid en opregtheid laat veel te wense oor - hulle is meestal 'n klomp "players" wat nie regtig ernstig is nie. Daar is natuurlik uitsonderings soos in Tickey se geval, maar dit is die uitsondering. Die beplanners van die program moet 'n beter keuringsproses ontwikkel om die "players" uit te skakel. Los ook maar die ryk plaasseuns uit, want hulle het meestal 'n paar flossies op tou - die evas hoop dat hulle eendag gevra sal word om te trou en verdwyn een vir een om hulle heil elders te gaan opsoek.
13de Sep. 2010, 15:12Jakkie het gesê:
Jakkie aan Selme-Louise; Jy het op die program gesê, 'n Man sal vir my baie lief moet wees voor ek hier (Karoo) kom bly. Ek's bly jy het daardie man gekry en ek weet die Karoo wat met 'n mens se siel praat gaan diep onder jou vel in kruip. Ek gaan my nog self nooi om daardie Karooplaas te gaan kyk. Dis net anderkant die Paradys. Baie geluk met jul eersteling.
4de Sep. 2010, 22:33Ilze Shepherd het gesê:
Baie oulik julle twee. julle was maar bedoel vir mekaar van die begin af! hoop julle het net geluk, vrede en liefde vir mekaar!
2de Sep. 2010, 11:14