Glitterati-aanbieder: "My nie-ideale, perfekte man"

Deur Martie Swanepoel, SARIE - Maart 2011

Glitterati-aanbieder: "My nie-ideale, perfekte man" Foto’s: Phyllis Green Galery

"As ek aan hom dink, kramp my hart van opwinding," sê Yvonne van den Bergh oor haar man Jacques du Preez. Hulle huwelik het in 2007 die skindertonge laat gons. Is hy dan nie gay nie? Hoe kan sy met hom trou?

'n Sanger het openlik op sy blog met hul huwelik gespot en 'n skindertydskrif het dit beskryf as die huwelik wat die grootste kans het om te misluk.

Ons het dit geignoreer
"Die mense wat vir my saak maak, soos my kinders, ouers en familie, het nie my keuse van 'n lewensmaat bevraagteken nie. "Ons is byna daagliks op die mees kru maniere op 'n blog en deur skinderblaaie aangeval. Maar ons het ons nooit daaraan gesteur nie. Ons gebruik ons tyd saam om eerder te lag en soen en gesels en lewe." 

Ou vriende
"Ons het mekaar in 1999 by 'n verjaardagpartytjie ontmoet. Ons het dadelik gekliek en die hele aand net met mekaar gesels. "In Desember 2006 het Jacques my gevra om saam met hom na vriende se troue te gaan. Ons was net so 'n uur daar, toe ry ons weer. Op pad huis toe was daar so 'n vreemde, heerlike spanning tussen ons en toe die garagedeur toegaan, het ons begin soen - en nog nooit weer opgehou nie!
"Ek het dadelik geweet hy is die regte man vir my. Sy intelligensie en sy wonderlike humorsin is vir my aantreklik. Dis nou behalwe die feit dat hy vir my beeldskoon en totaal onweerstaanbaar is."

Min aanpassings
"Ondanks ons besige loopbane was die aanpassing eintlik maklik. 'n Aktrise/TV-aanbieder en 'n kopieskrywer onder een dak beteken 'n besige program. Hy ondersteun my in my werk as aanbieder van Glitterati [kykNET] en as aktrise. Ek skiet juis nou aan Vallei van Sluiers II, wat waarskynlik rondom April op kykNET te sien sal wees. En ek ondersteun hom in sy loopbaan.

"Die enigste aanpassing was eintlik aan Jacques se kant, want hy het ook twee tienerdogters bygekry. Hy hanteer dit wonderlik! Al het hy my kinders al van 1999 af geken, moes dit vir hom baie moeilik gewees het nadat hy 12 jaar alleen gebly het."

My toekomsmaat
"Ek is steeds byna bewend van opgewondenheid as ek hom sien! As ons uitgaan, word my maag vol skoenlappers. So baie mense dink - en voor Jacques het ek ook so gedink - die eerste rush sal oorwaai en dan word dit maar net 'n saai getroude lewe.Nou weet ek dit hoef nie so te wees nie.
"Ons voel dieselfde oor die meeste goed en werk goed saam as 'n span, terwyl ek gewoonlik nie maklik in 'n spansituasie werk nie.
"Ons lag baie en ons kook lekker saam. Hy is gesteld op sy voorkoms en hou van parfuum en bederfprodukte, nes ek. Ons hou albei van shopping en hy gee nie om om te wag en raad te gee wanneer ek klere aanpas nie. En hy merk dádelik 'n nuwe haarstyl op."

Wat ek geleer het

  • Wees meer verdraagsaam teenoor ander. Dis die mooi voorbeeld wat Jacques stel.
  • Ek is vir die eerste keer nie bang om soms die minste te wees en eerste jammer te sê nie.
  • Ek het 'n baie dominerende en mededingende persoonlikheid wat meer gematig is sedert ons saam is.
  • Ek het altyd gedink ek is nogal onselfsugtig - maar Jacques is die onselfsugtigste mens wat ek ken; hy sal enigiets vir sy vriende doen, en dan praat ek nie eers van my kinders nie!

Verwante artikels

  • Fanie Cronjé gesels met Glitterati se Giliam Winckler

    Fanie Cronjé gesels met Glitterati se Giliam Winckler

    SARIE - April 2010

    Dié 29-jarige akteur en sanger is nou ook mede-aanbieder van Glitterati op kykNET. Giliam, met die bekende van . . .

  • Glitterati se nuwe glans-vrou

    Glitterati se nuwe glans-vrou

    Sy't pas onder die haarstiliste en grimeerkunstenaars uitgeskuif toe SARIE haar in die hande kry - want op Maandag 23 Maart was Yvonne van den Bergh 'n besige vrou. Dit was tyd vir die eerste opnames vir die nuwe reeks van kykNET se Glitterati, met...

Kommentaar

  • Jaques ek onthou nog hoe jy vir Linda in die kerk gekyk het toe jy Simone ingebring het toe sy gedoop is. Ons kyk nog soms na Driefoneine se Rivues waarin jy gewoonlik die ster was. Slim en mooi mense soos julle pas bymekaar.

    13de Feb. 2011, 22:15
  • Tien uit tien vir julle !! Julle is n skitter couple !!

    12de Feb. 2011, 04:06
  • Wys jou net - moenie altyd glo wat in skinder rubrieke & sangers se blogs staan nie, lol! Julle is 'n beautiful couple - en ek glo 'n inspirasie vir baie! Iemand na aan my is ook baie gesteld op sy voorkoms, mal oor kook & 'n absolute noodsaaklikheid as dit kom by die raadgee & koop van bv. nuwe klere, ens. Op skool het menige "man" hom uitgelag agteraf en "gay" genoem - raai net hoe gelukkig is sy vrou vandag om so 'n great man te he wat absoluut "in tune" is met haar! Bleh vir negatiewe mense - doe so voort Yvonne & Jacques!

    10de Feb. 2011, 15:08
  • Mag jul twee vorentoe net so gelukkig wees.

    10de Feb. 2011, 15:08
  • Ai, dit is so mooi. Wie is ons as mens om 'n ander se keuses en huwelike te veroordeel of te verdoem.Baie mense wil God se werk vir hom doen,maar faal skandelik.Mooi julle twee.Bly lief vir mekaar en wys almal julle steur julle nie aan hulle jaloesie nie.As mens 'n fout maak is dit mos net om van jou 'n sterker en beter mens te maak en dit het niks met ander uit te waai nie.

    10de Feb. 2011, 12:20
  • Yvonne het nie na mense geluister nie maar haar hart gevolg. En kyk net hoe gelukkig is hulle! Ai,ditis so lekker om sulke positiewe artikels te lees. Baie dankie.

    10de Feb. 2011, 09:41

Web Development by FormFunction