Vyf minute met Emmanuel Castis
Foto’s: verskaf Galery
Emmanuel Castis is bekend vir sy rol as Chris Spencer in Erfsondes, die 2008 wenner van Strictly Come Dancing én musikant. Hy is ’n man van vele talente en met ’n nuwe enkelsnit op die horison, sarie.com met hom gaan gesels.
Waaroor gaan jou nuwe liedjie?
Dit gaan oor ’n ou wat ’n verhouding moet laat gaan omdat hy weet sy meisie wil nie eintlik meer in die verhouding wees nie.
Wanneer gaan dié liedjie beskikbaar wees?
In die nuwe jaar gaan ons dit vir radiostasies stuur, so hopelik kom dit op ’n speellys of twee. Die liedjie gaan op digitale platforms beskikbaar wees soos www.theorchard.com.
Werk jy aan ’n hele album of die oomblik?
Die musiekindustrie is redelik wispelturig, so ek werk maar net aan een liedjie op ’n slag wat ek digitaal beskikbaar stel. Ons sal kyk hoe dit gaan en daarna ’n album oorweeg.
Wat kan luisteraars verwag?
Dié liedjie is redelik anders as die vorige album, dit is meer pop-musiek en ek dink ek as liedjieskrywer saam met my kitaarspeler, Kurt Slabbert en pianis André Benkhe, is meer gesofistikeerd as van te vore.
Gaan jy toer met die nuwe musiek?
Ek wil beslis toer, maar ons sal eers al die logistiek daaragter moet beplan.
Jy was onlangs in Oman in die Midde-Ooste vir ’n optrede, waar het jy opgetree?
Ek was by die eerste Vroue Besigheidstoekennings ooit in Oman. Ek het van my Strictly Come Dancing-danse gedoen, en so paar liedjies gesing vir Arabiese Koninklikes. Dit was wonderlik!
Hoe verskil jy van Chris in Erfsondes?
Ons verskil hemelsbreed. Ek neem nie die lewe so ernstig op soos hy nie, en ek is nie ’n miljardêr nie (nog nie) en ek loop nie mank nie...
Wat was vir jou hoogtepunte in 2011?
Daar was baie! Ek het getoer in Suid-Oos Asië vir ’n troue, en ek het Viëtnam, Thailand en Kambodja gesien.
In die huidige reeks van Erfsondes het ek ’n deurbraak gemaak in my loopbaan as akteur, en dit was wonderlik!
Die trippie na Oman was vir seker ook ’n hoogtepunt.
Wat beplan jy vir die vakansie en Kersfees?
Ek gaan tyd saam met die familie spandeer en net ontspan by die huis, iets waarvoor ek baie min tyd het deur die jaar. En in Januarie gaan ek by familie in Italië kuier.
Waarna sien jy uit na 2012?
Ek sien uit om die volgende reeks van Erfsondes te skiet en moontlik met my musiek te toer.
Verwante artikels
-
Akteur Emmanuel Castis oor passie
SARIE Julie 2010
-
Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp
SARIE Julie 2010
Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.
















Kommentaar