Wat '7de Laan' vir Gita (Jo da Silva) beteken

SARIE - Mei 2010

7de Laan beteken vir my.... familie.

"Dis my huis. Ek het baie vriende op stel gemaak en ek is mal oor die werkomgewing waar daar wedersydse respek is. Dis my negentiende jaar in die bedryf en ek was nog nooit gelukkiger nie. Baie van die ander akteurs wil die rol van Gita speel – ek dink dis omdat dit so ’n uitdagende karakter is. Sy’s nie net boos nie – sy’s volrond en daar is redes vir haar besluite.

Om die feeks te speel is net eenvoudig meer pret! Ek kan nie wag om my volgende teks te lees om te sien wat Gita gaan aanvang nie.

Ek’s mal oor die uitdaging om in Afrikaans te werk. Ek moet harder as ooit werk omdat my moedertaal Engels is, maar dis pret. 7de Laan is groter as enige individu. Dis ’n ensemble van professionele mense wat gehaltewerk lewer en hou van lag. Die poetse by 7de Laan is legendaries en eindeloos.”

Verwante artikels

Kommentaar

  • Gita i the most beautiful woman i know , she is truly amazing! Baie mooi. People should not judge her by her appearance and personality on 7de laan. Thank you Sarie for these pictures.

    26ste Jul. 2011, 18:31
  • Gita i the most beautiful woman i know , she is truly amazing! Baie mooi. People should not judge her by her appearance and personality on 7de laan. Thank you Sarie for these pictures.

    26ste Jul. 2011, 18:30
  • Ek like gita kwaai, sy `n vrou wat fight wat sy wil he, hoop net ons sien eendag hoekom sy so erg is om haar sin te kry, dalk biekie oor haar verlede te wete kom, oe oe en `n troue met timmy of herman!!!!!

    11de Mei. 2010, 11:36
  • Hou baie van Gita. Baie goeie aktrise

    10de Mei. 2010, 19:33

Web Development by FormFunction