Wat doen Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) nou?
Diaan Lawrenson, wat ses jaar lank bekend was as die bedorwe Paula van der Lecq van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan, was 'n ruk lank op sabbatsvakansie, maar keer einde Augustus terug na dié sepie. Sy is báie opgewonde hieroor. Sy en haar verloofde, die akteur Jody Abrahams, bly op die oomblik in die Kaap en soms op Villiersdorp en vlieg af en toe na haar huis in Johannesburg. Sy het met Marguerite van Wyk gesels oor wat in haar lewe aangaan.
Hoe gaan dit by Die Dagbreek, jou en Jody se restaurant op Villiersdorp?
Baie goed. Ons het uitstekende plaaslike ondersteuning en mense ry van die hele Wes-Kaap om ons te besoek. Maar ons het ook uitgevind dat die restaurantbedryf 'n moeilike een is. Ek is nie regtig 'n kok nie en bly uit die kombuis. Die spyskaart verander dikwels. My gunsteling-gereg op die oomblik is die masala-vis met soetpatat en smoor.
Mis jy 7de Laan verskriklik?
Ja, veral die mense, maar ook die werk. Ons is 'n wonderlike span spelers. Ek is baie opgewonde om terug te keer. Ek kry die gevoel ons grootste teikengehoor is in die Kaap.
Hoe voel dit om weg te wees uit Johannesburg?
Ons praat vanoggend daaroor: Dis lekker, maar ek mis my familie.
Waarmee hou jy jou als besig?
Ons het hope nuwe projekte. Ons doen 'n groot show, wat nog nie 'n naam het nie, vir 'n sesjarige musikale genie wat ook 'n DVD maak, en ons werk aan 'n show met Christo Davids vir volgende jaar. Dan werk ons ook aan 'n musiek-show waarvan ons die vervaardigers sal wees vir On Broadway. Jody sal daarin speel, maar dis nie heeltemal my ding nie. Ek sal net help om dit bymekaar te sit. Jody gaan 11 Julie na Londen om te speel en sing in David Kramer se Die Ballade van Koos Sas, waarvan hy medeskrywer was. Ek sluit in Augustus by hom aan en ons gaan dan twee weke lank in Europa toer.
Hoe reageer die mense op 'n 7de Laan-celeb op Villiersdorp?
Die lekker ding van die locals is dat hulle my hanteer soos enige ander sakemens. Ek kry geen spesiale behandeling nie.
Wat is die lekkerste deel van woon op 'n dorp?
Ons woon nie regtig daar nie. Ons is net nou en dan by die restaurant om te kyk dat als vlot verloop. Ons woon in die Kaap, vlieg af en toe na Johannesburg. Ons leef uit tasse en mens mis nogal jou klere in 'n hangkas. Waar ons ook al slaap vir die aand, is ons huis, en ons is maklike reismense. Jy moet aanpasbaar met dié soort lewe wees, maar ek mis my huis in Johannesburg. Tog geniet ons dié tyd in ons lewe. Dis lekker.
Wat doen jy om kalmte te kry?
Daar ís nie kalmte nie.
Maar jy moet sekerlik soms ontlaai?
Dit gebeur nie baie nie. Ek gaan stap, lees en neem 'n bad om asem te skep.
Wanneer gaan dinge weer rustiger raak?
Ek weet nie.
Is jy tevrede met dié lewe?
Ek is oukei daarmee vir nou. Dinge gebeur soos wat dit moet. Dis 'n interessante, opwindende tyd. Ons pas ons aan by die natuurlike vloei van dinge.
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
Diaan: Só het ek my lyf teruggekry ná my baba
SARIE - Januarie 2011
’n Vrou se lyf is ’n wonderwerk. Ek was mal oor my groot pens wat rek en strek soos dit plek maak vir my en Jody (Abrahams) se baba en ek het elkeen van die 23 kg wat ek aangesit het, geniet.
-
Paula (Diaan Lawrenson) se baba is hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 15
Klein Olivia Rose is 8 Julie 2010 om 8h13 gebore.
-
Paula groet eers die Laan
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Diaan Lawrenson is nie net aktrise nie. Sy's ook toneel- en filmvervaardiger.
-
Prag-foto-album: Diaan en kleine Olivia
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Weg is Paula, 7de Laan se sosiale vlinder. Al wat jy deesdae raaksien as jy na Diaan Lawrenson kyk, is die sagte gloed wat moederskap haar gee.
-
Wat jy nie van Diaan (Paula van 7de Laan) geweet het nie . . .
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 9
Sy’s skaam, gek oor kos, raak vies wanneer iemand popcorn in die fliek kou en glo daar is spoke.
















Kommentaar
rozaan het gesê:
jammer my skrif was bitjie verkeerd...x mal oor diaan,haar karakter as paula laat dnk my bja aan imand vr wie k bja lief was...k dnk sy ht di mooiste baba ter werled x mal oo haar...mwah sal haar graag wl ontmoet...rozaan...beter bekend as zanie van postmasburg
8ste Jul. 2011, 03:34rozaan het gesê:
x mzl oor diaan,haar karakter as paula laat my bja aan iemns dnk vr wie k bja lief was...syt di mooiste baba ter wereld n x mal oo haar.liefde rozaan...beter bekand as zanie
8ste Jul. 2011, 03:30Zeke het gesê:
I wanna see diaan
6de Jan. 2011, 16:13