Wat jy nie van Errol Arendz geweet het nie
Mode-ontwerper Errol Arendz verklap 5 dinge wat jy nie van hom geweet het nie...
Wyle prof. Chris Barnard het my leer visvang. Ek het baie van Barbara Barnard, Chris se tweede vrou, se rokke ontwerp en het op my lekkerste, in Afrikaans, by hulle gekuier. As kind het ek dikwels oor Barbara, die godin aan Chris se sy, gedroom as ek na tydskrifte gekyk het. Min wetend dat sy eendag my loopbaan sou lanseer.
Ek eet nie meer fancy schmanschy kos nie. Deesdae is dit eenvoudige goed, soos bobotie en kerrie.
Ek kan kliënte se stemme en mannerismes baie goed naboots.
Onlangs, toe ek in Hong Kong op 'n hotel se patio drankies gedrink het, het mense die kameras uitgeruk en begin foto's neem. Ek het dadelik omgekyk. Toe besef ek eers hulle neem mý af!
Ek is alternatief spiritueel. Ek bêre dit in 'n kassie weg en as ek dit nodig het, haal ek dit uit. Dis iets wat jou nooit verlaat nie.
Verwante artikels
-
Errol Arendz gesels oor die AUDI Joburg-modeweek 2010
SARIE Januarie 2010
Errol Arendz is vanjaar terug by die AUDI Joburg-modeweek ná jare se afwesigheid. Lou-Ann Stone het met hom gesels.
-
Junie 2010-modesessie: Agter die skerms
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Op 17 Maart reis die span na Struisbaai vir nog 'n foto-sessie. Omdat ons met eerste daglig op 18 Maart wil skiet, moet ons al die dag voor die tyd vertrek.
-
Modetrends: Winter 2010
SARIE - Mei 2010
Met die allergrootste sokkertoernooi op ons voorstoep kry ons klerekaste ook dié winter woema van regoor die wêreld.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Berlyn
SARIE - Mei 2010
Duitse stylvolle presisie word gevier op die modefront–dis ’n raakvat-winter.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Kaapstad
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Ons bly nie verniet in die land van die groot 5 nie! Wees Kaatjie van die baan in gesofistikeerde luiperdvelmotiewe.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Milaan
SARIE - Mei 2010
Mamma mia! Vroulike styl is hoog mode en die paparazzi se kameras flits dag en nag.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Moskou
SARIE - Mei 2010
Die Rooiplein se ysigheid vra luukse teksture soos fluweel en kunspels vir ’n glansryke, bont winter.
-
Winter 2010: Nuutste mode-trends uit Sydney
SARIE - Mei 2010
’n Stad vir speel, maar ook vir styl. Steel die kollig met struktuur en sterk skouers.
















Kommentaar
Ronel het gesê:
Errol, jy is tops!!!
10de Apr. 2011, 20:10chanlyn moosa het gesê:
errol gee my net een keer die geleentheid om in jou skeepinge te model.dan sal jy my ook koester!
9de Okt. 2010, 12:12chanlyn moosa het gesê:
errol gee my net een keer die geleentheid om in jou skeepinge te model.dan sal jy my ook koester!
9de Okt. 2010, 12:12Marie Vlok het gesê:
Hy kan wees wie en wat hy wil. Hy was nog nooit n publieke skandemaker nie. Hy dwing respek af. Hou dit so Errol. Groete van Marie Vlok Potchefstroom (57 Jaar ) Wens ek kon een van jou skeppinge bekostig het...net een keer) Toemaar, ek skimp nie, ek kyk darem daarna
23ste Mei. 2010, 08:08