Wat jy nie van Sandra Prinsloo geweet het nie...
Sy’s 'n vry siel, 'n sigeuner, sommer 'n bondel energie. En terloops, sy is steeds vriende met al haar kêrels!
Nog 'n paar geheime:
Sy’s baie bygelowig en stap nooit onder deur `n leer nie en sit ook nie skoene op `n tafel neer nie ... Dit bring ongeluk!
Groot motte maak haar bang.
Sy is bang vir Dracula flieks.
Haar koppie kruietee en 'n boek wag langs die bed voor sy gaan slaap.
Die afgelope dertig jaar het sy nog nie een koppie koffie gedrink nie.
HAAR GUNSTELINGE
Akteur Johnny Depp
Aktrise Meryl Streep
Manier van ontspan Skubaduik
Parfuum Femme Individuelle van Mont Blanc
Ontwerper Jean Paul Gaultier
Reisbestemming Die woestyn
In die Augustus-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 6 Julie op straat) praat sy openhartig oor Botox, die dood, haar beste ontdekkings op reise en 'n vurige sekslewe.
Glitterati was by toe Foxwood Teater vir Sandra deel gemaak het van hul Garden of Fame. Hier is die insetsel.
Verwante artikels
-
Dís my fliek
SARIE - Maart 2009
Rolprente raak ons emosies aan - almal het 'n gunsteling wat hulle bybly. Bekendes vertel watter flieks het met hulle gepráát
-
Matriek-manewales - kyk hoe het die bekendes gelyk!
SARIE - April 2009
Dis ’n hoogtepunt in Op die vrou af 2 van SARIE se André le Roux: die matriekafskeid-toneel waar Pedro Kruger en Jolette Odendaal gehore laat skater, en laat terugdink aan pofmoue, strikke en ‘gedoende’ hare. Onthou saam met bekendes...
-
Sandra Prinsloo vertel hoekom sy nie op die wal kan sit nie
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 5
Sandra se hoop, vrese en lewenslesse...
















Kry jou SARIE oral, enige tyd