Wat jy nie van Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) geweet het nie
Foto’s: Phyllis Green Galery
5 DINGE WAT JY NIE VAN ZANE GEWEET HET NIE...
1. Ek staan 6' 2" (1,88 m) in my sokkies
2. Ek het 'n geboortevlek aan my gesig laat uitsny.
3. Ek warm my stem in die stort op.
4. Ek was so geskok toe my vrou my vertel sy is swanger met ons laatlam dat ek haar gevra het of sy seker is die baba is hare!
5. Ek is sedert 1992 'n baie gelowige Christen. Dis ook die jaar waarin ek my vrou ontmoet het.
ZANE SE GUNSTELINGE
KOS My vrou se hoenderkerrie
DRANKIE My oorlede ma se tuisgemaakte gemmerbier
FLIEK The Sound of Music
BOEK Die Bybel (nie-fiksie) en The Gadfly van Ethel Lilan Voynich (fiksie)
AKTRISE Antoinette Kellerman
AKTEUR Denzel Washington
Wat doen hy om sy vrou, Megan, spesiaal te laat voel . . .
"Op die oomblik baie min. Ek's trots dat ek elke dag vir haar sê ek is lief vir haar. Ek is een van daai ouens wat verbaas is ek het so 'n mooi vrou gekry wat by my bly deur my nukke en grille. Ons is baie besig, veral met ons baba; daar's min tyd om alleen dinge saam te doen. Megan hou van shopping. Soms koop ek vir haar 'n geskenkbewys of gee 'n koevertjie met geld sodat sy vir haar ietsie kan gaan koop."
Lees in jou November-SARIE wat Zane te sê het oor pa-wees (ook van 'n laatlam), sy sangtalent en die Laan se poetsbak-bendes . . . Hy wys ook sy foto's.
Verwante artikels
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
Dís my fliek
SARIE - Maart 2009
Rolprente raak ons emosies aan - almal het 'n gunsteling wat hulle bybly. Bekendes vertel watter flieks het met hulle gepráát
-
Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan
SARIE - Februarie 2010
Eckard Rabe was toe wraggies die eerste een van die ou Egoli-spelers wat deur 7de Laan opgeraap is.
-
Eksklusiewe boekuittreksel: Zane Meas se Daddy, come home (Deel 1)
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 8
Zane Meas (7de Laan se Neville Meintjies) se nuwe boek, Daddy, come home (R139,95, Struik Christian Media) is ’n pleidooi aan mans om hul plek in hul gesin terug te neem en weer vol te staan. Lees die eksklusiewe uittreksel op sarie.com
-
Eksklusiewe boekuittreksel: Zane Meas se Daddy, come home (Deel 2)
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
Zane Meas (7de Laan se Neville Meintjies) se nuwe boek, Daddy, come home (R139,95, Struik Christian Media) is ’n pleidooi aan mans om hul plek in hul gesin terug te neem en weer vol te staan. Lees die eksklusiewe uittreksel op sarie.com
-
Kurt Darren se gunstelinge
SARIE - April 2009
Eie Liedjie “Hemel op Tafelberg” is my diepste liedjie. Ek hou ook van “Standing on the Edge”. SA Musikante Theuns Jordaan. Hy’s talentvol, nice en praat nie net heeltyd oor homself nie. Ek luister ook graag na Watershed en The...
-
Neville Meintjies kán sing!
SARIE - April 2009
Toe was dit nie net Emo Adams wat Donderdagaand (9 April) die gaste by Club Al Capone by die KKNK op hulle voete gehad het nie, maar ook Zane Meas (Neville Meintjies in 7de Laan) met sy sielvolle vertolking van Me & Mrs. Jones. En kan dié man sing!...
-
Nicholis Louw verklap
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 6
Hy’s nie deel van die ‘in-groep’ in sy bedryf nie, maar hy verkies dit so. Al maak dit hom soms die teiken van ’n geskinder. Hier lig hy die sluier op 'n paar van sy gunstelinge in die lewe ...
-
Oor sepies se sedes
SARIE Januarie 2010
-
Oubaas se gevleuelde woorde
SARIE - April 2010
-
Steve Hofmeyr verklap sy gunstelinge
SARIE - September 2008
Blou Bulle, Bette Midler en Jacobsbaai...dis maar 'n paar van Steve se gunstelinge.
















Kommentaar
Melzandre Hardneck- Badisa Ceres Maatskaplike dienste het gesê:
Badisa Ceres, sal graag kontak wil maak met Zane, om 'n ouer praaitjie te het met ons pleegouers en ons bree gemeenskap.
19de Mei. 2011, 13:47Nina het gesê:
Ek wil baie graag dringend met Zane kontak maak. Sal graag wil he hy moet 'n praatjie doen in ons kerk - VGK Blanco, George.
7de Okt. 2010, 09:00Maryke van SARIE het gesê:
Hi Ken. EK sou voorstel dat jy met hom via sy Facebook-blad probeer kontak maak. http://www.facebook.com/zane.meas Hoop jy kom reg. Groete!
6de Mei. 2010, 08:51pastor KEN PATTISON het gesê:
ek wil graag kontak maak met neville , om by ons kerk op te tree
5de Mei. 2010, 19:02