Wat maak Anna Davel opgewonde oor 2010?
Foto’s: Robert Hamblin Galery
Anna Davel vertel vir sarie.com wat haar opgewonde maak oor 2010 . . .
"Ek kyk om my rond en sien baie mense wie se fondamente geskud is die afgelope jaar of twee. Ek dink veral die ekonomiese krisis het ons almal weer laat besef hoe broos en afhanklik ons is.
"Almal het harder gewerk, meer gestres en moeiliker bo gebly in 2009. Dit maak my ongelooflik opgewonde dat daar verligting in die lug is, dat mense stadig weer begin asem haal, en mense weer dinge in perspektief kan sien.
"Die ou optimisme, kreatiwiteit en goeie humorsin wat so eie aan ons Suid-Afrikaners is, vloei sterk en ek glo vas in ons aanpasbaarheid. Ek vermoed die sokker-wêreldbeker gaan baie entertaining wees, maar ek moet sê die Dalai Lama lê nog te vars in my geheue, so ek hou maar my hart vas oor wat die mense in gesagsposisies weer gaan uitdink!
"Die moontlike einde aan Gauteng se padwerke maak my liries!" - Anna Davel, sangeres.
Waar sing Anna in 2010?
31 Jan: Stellenbosch Oude Libertas-teater - Blues en Susters met Ollie Viljoen en Schalk Joubert
14 Feb: Stellenbosch Oude Libertas-teater - French Valentine
20 Feb: Parys - Ruby's (056) 811 5080
26 Feb: Worcester Casino - Blues en Susters met Ollie Viljoen en Schalk Joubert
3 - 5 Mrt: Stellenbosch Oude Libertas-teater met Cutt Glas
5 - 7 Mrt: Stellenbosch Woordfees Gala-aand - Anna saam met die Oude Libertas Koor
29 Apr: Clanwilliam Cederberg-fees
20 Jun - 4 Jul: Grahamstad Nasionale Kunstefees - Linger Longer
Opgewonde oor 2010?
Vertel ons in die kommentaarboksie wat jóú opgewonde oor 2010 maak.
Verwante artikels
-
Anna Davel linger 'n bietjie met 'n liedjie
“Ek is mal oor die veertigerjare, die look, die musiek, die hele vibe. Die era het vir my ‘n elegansie, ‘n romantiek met iets magies.” Anna Davel se nuwe CD linger longer bevat hoofsaaklik liedjies uit dié era. Phyllis Green het haar uitgevra
-
Freshlyground se Zolani gesels met SARIE oor 2010
SARIE - Desember 2009
-
Kuier by Anna Davel op Philadelphia - spesiale aanbod vir sarie.com-gebruikers
SARIE - Junie 2010
Anna Davel, die bekroonde sangeres met die sigeuner-voorkoms, het onlangs hier huis opgesit en pendel nou tussen Pretoria, haar permanente woonplek, en Philadelphia.
-
Ons kuier saam met Nataniël, Anna Davel en Dowwe Dolla
By Die Burger / SARIE se Vrouedag in Kaapstad is daar heerlik gekuier en gelag saam met Nataniël, Anna Davel en seremoniemeester Dowwe Dolla.
















Kommentaar