Flooze vanaand terug op 7de Laan - sy gesels met sarie.com
Foto’s: Clinton Lubbe en verskaf Galery
Sy gesels oor die Flooze se Hoezit my Tjomma-toer, Neef Gert en haar nuwe CD.
Wanneer is die Flooze terug op die 7de Laan-kassie, en vir hoe lank bly sy?
Ek het haar bromponie gister gehoor brrrrul hier in Centurion en toe is sy met 'n stink spoed verby, Johannesburg se kant toe. Ek het wel gister laatmiddag verneem sy het moeilikheid langs die pad opgetel met haar motorfiets, Flossie, en nou stap sy hoofweg langs Hillside toe. As ek nou moet raai, sal ek sê sy behoort teen Vrydag 2 April in Hillside aan te kom teen die spoed wat sy stap. (Sy is nie baie fiks nie...)
Kom Neef Gert ook saam?
Daar was sprake dat die twee steeds 'n vuur-en-vlam-item is, maar 'n mens weet mos nooit met die twee lovebirds nie. My raad is egter: Hou daai 7de Laan-kassie stip dop om te sien of neef Gert, ou Hot Lips, saamkom. Seeing is believing.
Hoe gaan dit met julle?
Soos die Flooze gesê het toe sy gister oor haar pay-as-you-go-foon met my gepraat het: "My Tjomma, hier kom 'n ding, you just wait and see!"
Ek sien die Hoezit my Tjomma-toer begin binnekort landwyd? Wat kan jou fans van Kaapstad tot Klerksdorp en Kimberley verwag?
Ja, ek is so opgewonde om al die getroue Flooze-fans en Sorina-ondersteuners te ontmoet. Ek kry baie navrae regoor die land, daarom het ons dit goedgedink om 'n landwye toer aan te pak.
Volg die Flooze op Facebook
My vertonings is 'n mengelmoes tussen Sorina en die Flooze – van kômmin klanke vir classy mense tot cool tunes vir kitsch tjommas. My shows is uniek in die sin dat die gehoor een oomblik nog na ernstige, diep lirieke van Sorina luister, en 'n paar sekondes later is die Flooze op hulle met haar uitbundige humor en danspassies.
Met die Flooze se terugkeer na die Laan het EMI, my platemaatskappy, besluit om my huidige CD 'n nuwe baadjie te gee. Ons het dit weer vrygestel onder die titel Hoezit my Tjomma, om die Flooze ook haar volwaardige plek op my album te gee. (Die vrou druk haarself mos oral in.) Daar's drie van haar liedjies op en 'n bonus-DVD met haar musiekvideo.
![]() |
![]() |
![]() |
Waarmee was Sorina intussen besig?
Show, show, show. Skiet by 7de Laan en daarna weer show. Ons kry elke dag navrae en besprekings vir Sorina/Flooze-shows. Dit is net genade dat God my loopbaan as sangeres en aktrise so mildelik seën.
Wat lê voor vir die res van 2010 vir Sorina/die Flooze? Nog 'n CD?
Klomp lekker en grooooot verrassings . . . nice musiekvideo's, heelwat vertonings en televisie-appearances en dalk nog 'n movie ook (mens weet nooit nie . . .).
Verwante artikels
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
-
Oubaas se gevleuelde woorde
SARIE - April 2010
-
Sorina Erasmus, 7de Laan se Flooze
My ultimate lewensmotto is Koos du Plessis se wyse woorde: "Wat ek is, is net genade en wat ek het, is net geleen." Dis 'n gedagte wat my altyd nederig hou. Maar ek maak ook elke Oujaarsaand 'n nuwe motto op - 2009 s'n is die 3 G's en die 3 L'e. "Mag...

























Kommentaar
FLOOZE BDINGES het gesê:
j beter nou weer terug kom en neef gert hule gee die ekstra bikie skop aan die laan. . .ek sit altyd en raak bly as ek jou sien want ek weet hier kom n leker lawe lag aandjie......gooi dit flooze
1ste Sep. 2010, 20:38Christina het gesê:
Arme Dot. Jou lewe is seker vreeslik suur en eentonig. Swakste aktrise! Watwo, het jy al een van Sorina se shows gaan kyk? Seker nie, daarom sal jy ook nooit weet hoe 'n pragtige mens sy eintlik is nie.
27ste Jul. 2010, 16:55Cecilia het gesê:
Haai Sorina is `n insperasie vir my niggie 6 jaar oud so as jul kan `n getekende foto van haar aan my niggie.Sy is puik
19de Jun. 2010, 15:12Anne-Marie het gesê:
Dit is so LEKKER om flooze terug te he in ons gunsteling laan. Elke oggende voor werk gesels ons eers oor wat Flooze die vorige aand in die laan aangevang het. Ons hoop dat sy sommer nog laaaaank in die laan sal wees. Sy is n great tjomma!!!
5de Mei. 2010, 06:38Tjomma het gesê:
Ek dink Flooze is een van die beste karakters ooit! Ek hoop Flooze bly sommer nog lank in 7de laan.
4de Mei. 2010, 15:13Leigh Ockhuizen het gesê:
Sy is regtig briljant..arme Gert. Ag nee Dot moenie die lewe so serious vattie ons moet darem bietjie lag ook!
3de Mei. 2010, 13:46Wanda het gesê:
Shame, Dot kan nie eers aktrise reg spel nie.
23ste Apr. 2010, 11:59lara het gesê:
Nee ek stem nie saam met Dot nie sy het talent en "girl I got news for you" jy kry sulke mense 7de Laan bo!!!
16de Apr. 2010, 13:43Noleen Chamberlain het gesê:
Ek het haar Hoezit tjomma stem gemis. Ek dink sy is die beste en snaakste aktriese wat jy op 7de laan kan kry! Ek hoop sy gaan nog `n hele ruk in die Laan bly. Met Flooze en Paula in die huis kan dit `n "mean team" maak.
14de Apr. 2010, 14:38Dot het gesê:
Dot se: Sy irriteer my vreeslik - mens kry nie sulke mense nie - hopeloos onnatuurlik - nee wat wanneer sy op die televisie verskyn dan hardloop ek kombuis toe om iets te gaan doen - swakste aktriese in 7de laan
9de Apr. 2010, 15:16Heila het gesê:
Hierdie Flooz het ons lekker laat lag gister op 7e Laan... hoop sy bly n ruk want andersins is dit maar .....................
9de Apr. 2010, 13:52Erna het gesê:
Ek kyk nie na die sepie nie, ,maar wanneer ek hoor Sorina/Floozie is op die kassie, kan die potjies op die stoof maar droog kook. Sy is briljant in haar spel en laat sommige van die ander verleptes nog erger vertoon.
8ste Apr. 2010, 11:11Landie het gesê:
Daai warm tweezer het darem gisteraand vir Hilda en oom Oubaas laat gril hoor!!!!!!!Ou Floozie, man ons is bly jy is terug. Moenie dat blondie en rooies op jou kop sit nie hoor tjomma????
7de Apr. 2010, 12:17martie het gesê:
Dit is omtrent tyd dat sy terugkom laan toe, ons geniet haar so. Die laan is geneig om hulle stories langdraderig te maak, maar sy sorg vir humor.
6de Apr. 2010, 10:51