Hartsbegeertes
Op die rooi tapyt

Angelique Gerber praat oor nuwe fliek + haar eerste rok is klaar!

Hartsbegeertes met Anrich Herbst, Ghapi, Richard van der Westhuizen en nóg is onlangs bekend gestel. SARIE.com het met een van die fliek se sterre, Angelique Gerber, hieroor gesels.

Hartsbegeertes is ‘n Christelike Afrikaanse film wat gaan oor twee families se worstelinge. Hulle vind hoop, liefde en die groter doel van alles, te midde van die donkerste oomblikke. Angelique speel Ashley, die vrou van die hoofkarakter Pieter Richmond (Renier Weideman). Hy word deur ‘n familielid se siekte en geldelike probleme in die gesig gestaar. Ashley moet dan leer om by haar man te staan.

SARIE.com het met Angelique oor dié rol gesels:

Wat kan ons van die fliek verwag?

Dit is ‘n Christelike film, so mense moet dit met die regte hart en ‘n oop kop gaan kyk. Dit het ‘n verskriklike mooi boodskap, maar dit is ‘n hartseer fliek. Daar is briljante akteurs in die film soos Jacques Gombault en Liane Heyl. Liane se karakter het kanker in dié fliek, en sy vertolk dit baie real. Ek kan self onthou hoe my ma gehuil het toe my ouma aan kanker oorlede is. Maar daar is ook ligte tonele. Dié fliek vereer die Here.

Hoe was dit om Ashley in die fliek te speel?

Ashley en haar man kry swaar en werk hard. Maar dan besef sy waaroor dit gaan. Sy het ‘n belofte gemaak – for better of worse. Dis iets waarmee ek ook kan assosieer. Ek en Ben-G het self al deur moeilike tye gegaan waar die geld nie volop is nie.

Angelique dra haar eie ontwerp

Angelique het by die première van Hartsbegeertes haar eerste rok uit haar klereversameling, Angelique Gerber Red Carpet, gedra! Angelique het vroeër aan SARIE.com-lesers ‘n eerste kykie van haar mode-reeks gee. Lees hier meer oor die rokke en bikini’s wat sy ontwerp.

Angelique GerberFOTO: Angelique en haar man, Ben-G, by Hartsbegeertes se première.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons facebook- of Twitter-blad!

Nóg sterre by die Hartsbegeertes-première

FOTO LINKS: Jacques Gombault, bekend vir sy rol in Getroud met Rugby en sy vrou, Renate. Jacques vertolk die rol van die skatryk besigheidsman James wie se vrou (Leane Heyl) aan kanker ly.

FOTO REGS: Renier Weideman, vervaardiger, akteur en skrywer van Hartsbegeertes, met sy vrou, Charlene.

FOTO LINKS: Die sangeres Cordelia Potgieter saam met Rudi Claase. Cordelia het die titelsnit van dié film geskryf.

FOTO REGS: Zetske van Pletzen en Altus Theart het ook die première bygewoon.

* Hartsbegeertes begin 4 Oktober in teaters draai.