Teken in op SARIE en SARIE KOS, en jy kan wen!

SARIE Junie 2012

Maak seker dat jy élke maand jou gunsteling-tydskrif 1ste kry! Kyk hier vir opwindende inteken-aanbiedinge vir jou SARIE en SARIE KOS. Ons help ook met jou digitale inskrywings.

NUUT! Jy het nou ook 'n opsie om vir 6 maande in te teken!

As jy op 12 uitgawes van SARIE inteken, kan jy een van 28 Gatineau-geskenkpakke van
R1 150 elk wen
 

OF

Teken NOU in op 6 uitgawes van SARIE @ 30% afslag.

Gatineau-geskenkpak

Met ’n jeugmolekule wat jou vel fermer en jou gesigkontoere beter gedefinieerd laat lyk, kan jy nou sigbare velveroudering vertraag.

Gatineau is al meer as sewe dekades ’n leier op die gebied van teenveroudering-velsorg en het nou die Melatogenine™-jeugmolekule gepatenteer. Dié molekule maak as’t ware die selle van die vel plomper om die voorkoms van fyn lyntjies en plooie te verminder. So word sigbare tekens van veroudering vertraag. Die jeugmolekule is net te kry in Gatineau se omvattende Melatogenine™-velsorgreeks en word aanbeveel vir vroue in hul 30’s en vroeë 40’s.

ELK VAN DIE 28 GATINEAU MELA-GESKENKPAKKE KOM IN ’N WIT BADKAMERSAKKIE EN BEVAT:

* Mela-gesigroom (50 ml)
* Mela-gesigmasker (reisgrootte)
* Force-kollageenkonsentraat

Deur nou in te teken op SARIE betaal jy slegs R24,67 per uitgawe!

DIE AANBOD IS GELDIG TOT 17 JUNIE (NET IN SA). DAAR IS GEEN AFSLAG OP POSGELD EN BTW NIE.

TEKEN MY IN!

1. Vir 12 uitgawes en staan 'n kans om 'n Gatineau-geskenkpak te wen

2. Vir 6 uitgawes @ 30% afslag

SPAAR R61 OP JOU SARIE KOS-INTEKENING!

SARIE KOS April/Mei 2012

 SARIE KOS gee jou al die inspirasie wat jy nodig het! Teken sommer dadelik in op SARIE KOS en wees eerste met vars idees vir die kostafel. Nog ’n ekstra bonus: Jy kry 30% afslag!

 * DIE AANBOD IS GELDIG TOT 29 MEI 2012 (NET IN SA). DAAR IS GEEN AFSLAG OP POSGELD EN BTW NIE.

Klik om in te teken op SARIE KOS of te hernu

TEKEN OOK SÓ IN

1. SKAKEL 0860 103 664

2. E-POS sarie_inteken@media24.com EN ONS KONTAK JOU.

3. SMS SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU  (’n tarief van R1 per SMS geld)

* ONTHOU: As jy nie gelukkig is met jou tydskrif nie, kan jy dit binne 5 dae vandat jy jou tydskrif ontvang het aan ons terugstuur en ons sal jou geld terugbetaal sonder enige vrae.  

SARIE EN SARIE KOS DIGITAAL

 

Lees jóu SARIE en SARIE KOS enige tyd, enige plek. Teken in op die digitale weergawes hier en laai dit maklik op jou rekenaar of tablet.

SARIE Junie 2012

* Teken in op My Subs

* Teken in op Zinio

SARIE KOS April/Mei 2012

* Teken in op My Subs

* Teken in op Zinio

 

 


Verwante artikels

Galery

  • SARIE Junie 2012
  • Gatineau-geskenkpak
  • SARIE KOS April/Mei 2012

Kommentaar

  • Ek sukkel om in te teken vir SARIE KOS namens ons Verbruikersstudies klas by 'n skool. By die e-pos adres (wat verpligtend is!) kan niks ingetik word nie en sodra ek onderaan die bladsy kom, gooi dit my uit aangesien die E-pos inligting nie ingevul is nie (wat ek natuurlik nie regkry nie!) Ek het 'n epos gestuur aan Sarie maar geen antwoord ontvang nie. Wie kan help? Linelle Sauer

    8ste Mei. 2012, 09:43
  • Please let me know if it acceptable to use the word ....prit...when talking about just bringing something to the boil. Thanks Corinne Opperman

    27ste Feb. 2012, 14:45
  • Ek verwys graag na die nuwe Sarie Kos (Februarie/Maart 2012 uitgawe). Daar is 'n resep vir Witsjokolade Truffles (bl 72). Daar word aangedui dat ek die truffle vorm (bl 92) by www.banks-shops.co.za kan aankoop, maar ek kry dit nie op daardie website nie. Weet iemand waar ek so vormpie in die hande kan kry?

    10de Feb. 2012, 09:18
  • My ma het my probeer inskryf op Sarie vir 'n verjaarsdaggeskenk, maar het reeds verskeie kere gebel en 4 leë eposse ontvang van julle kantore af, met geen attachment of enige boodskap. Ek skryf nou maar myself via die internet in en sal dit van haar terugverhaal. Intekenaarnr 1747511, bestellingnr 3041261.

    5de Feb. 2012, 20:21
  • Ek lees so deur die 'kommentare' en kan net se dankie Sarie..... (en poskantoor) - my Sarie kry ek ewe heerlik voor dit op die rakke verskyn en so kan ek te lekker spog oor die nuutste nuus daarin by my vriendinne wat dit by die winkel moet koop..... nog nie een Sarie gemis of n laat aflewering gehad nie... Groete

    15de Jan. 2012, 21:44
  • Hi Ek wil graag inteken op julle Sarie Kos maar as ek aanlyn probeer inteken, gee dit net die Sarie opsie en glad nie die Sarie kos opsie nie. Kan julle my asb help.

    2de Jan. 2012, 21:38
  • Hi daar Sarie Ek is in Julie vanjaar vir my verjaarsdag ingeteken deur my ma en watter fees om elke maand my Sarie in die pos te kry. Ek ontvang 'n sms wanneer my Sarie gepos is en kan nie wag om daardie selfde aand by die huis te kom en my Sarie van voor tot agter deur te lees nie, met 'n glasie wyn natuurlik! Ek teken my ma nou in vir 'n kersgeskenk en was uit die veld geslaan toe ek al hierdie negatiewe kommentaar lees, want ek het van Julie af nog geen probleme ervaar nie. Dankie Sarie vir PUIK diens en 'n ONGELOOFLIKE tydskrif wat my vir ure lank ONEINDIG baie genot verskaf!!

    14de Des. 2011, 18:11
  • Ek Desember 2010 in geteken op Sarie Kos as 'n geskenk vir my ma. Sarie het dubbeld die bedrag van my kredietkaart verhaal en dieselfde tydskrif dubbeld gestuur hierdie hele jaar. Ek is so teleurgesteld. Dis so 'n uitstekende tydskrif, wonder of dit nie maar beter is om elke uitgawe te koop en vir my ma te pos nie. Ilze Roode Victoria Wes

    13de Des. 2011, 15:38
  • My vriendin vir wie ek ingeteken het op Sarie, as 'n Kersgeskenk, het die eerste uitgawe van Sarie ontvang sonder 'n bygaande brief van verduideliking. Sy weet nie waar die Sarie vandaan kom nie. Dink dis 'n geskenk uit die bloute van Sarie self af. Ek is sooooooooooo teleurgesteld en wonder of ek ooit moes inteken nadat ek in elk geval al die negatiewe kommentaar gelees het. Ek het jul kantore geskakel op die 6de en een van die personeel (Mogammed) het my belowe julle sal vir my 'n e-pos stuur wat ek dan in 'n koevert kan sit onder die Kersboom. Hopelik met die bewoording wat ek met die inskrywing moes deurstuur. Tot op hede het ek niks ontvang nie en volgende week gaan ons met vakansie. Komaan SARIE hoekom is die administrasie so pateties vir so 'n gewilde tydskrif. My intekening no: 1651633 Christelle Jordaan

    8ste Des. 2011, 06:49
  • Ek wil inteken op Sarie vir my vrou (12 uitgawes), maar as el click op "TEKEN MY IN OF HERNU my intekening op SARIE R286 (25% afslag op 12 uitgawes)", dan gee julle website vir my die volgende boodskap: "Server Error in '/' Application.The resource cannot be found". DIS NOU SWAK DIENS! Sal maar kyk na 'n ander tydskif vir my vrou. Julle het sopas besigheid verloor!

    4de Des. 2011, 09:36
  • Beste Sarie. My intekenaarnommer is 689052. My bestellingnommer is 2975975. Ek het vir my dogter ingeskryf op die 14de November, as 'n geskenk. Ek sien die betaling is reeds van my kredietkaart af. Ek wil net graag weet of alles in plek gesit is en of die eerste uitgawe wat gestuur word na haar toe in Cayman Island, Januarie se uitgawe gaan wees? Groete, Jackie Frank

    21ste Nov. 2011, 13:57
  • Sjoe, ek het vir 'n vriendin ingeteken vir 'n Kersgeskenk. Nou lees ek al hierdie negatiewe kommentaar en is regtig bekommerd. Kan julle my verseker dat die tydskrif betyds afgelewer gaan word? Intekenaarnommer is 1651633. Bestellingnommer is 2980423.Kan julle asb aadui wanneer die eerste uitgawe aan haar gepos gaan word? Groete Christelle

    21ste Nov. 2011, 08:24
  • Goeie Middag ek wil graag weet hoe ek my kinders kan inskryf vir die matriekafskeid kompetiesie.

    15de Nov. 2011, 14:47
  • Goeie middag, Aai tog, ek sukkel nogsteeds om die link te kry na die Matriekafskeid kompetisie se inskrywings? Groot asb kan iemand my help? Dankie Shamaine

    15de Nov. 2011, 14:20
  • 1718928 Ek lees nou eers almal se boodskappies en hoop regtig nie ek gaan ook 'n probleem ondervind om my Sarie op tyd te ontvang nie. Wat sal die nut dan wees om dit so te ontvang, kan dan maar liewer by 'n Supermark gaan koop.

    10de Nov. 2011, 09:02
  • Ek is al vir 'n redelike tyd by jul ingeteken. My dogter wil nou my intekening hernu, maar kom nie reg op jul bladsy nie. Ek het ooknie my intekenaarnommer nie. Kan jul dit asb vir my laat weet? Anne-Marie Smit Posbus 1569 Suider Paarl 7624

    27ste Okt. 2011, 15:51
  • Hi daar, kan ek gebruik maak van julle dubbele aanbod om my eie subskribsie (wat nog nie verval het nie), te verleng vir twee jaar? Baie groete ! My adres: Merino Hills 9, Malmesbury 7300. Ek sien julle het nog my Oudtshoorn adres en epos adres ook op julle sisteem.

    18de Okt. 2011, 15:21
  • EK WIL GRAAG VIR MY DOGTER INTEKEN VIR HAAR 30STE VERJAARDAG MAAR AS EK AL DIE KOMMENTAAR LEES HOE NUWE INTEKENARE SUKKEL, WONDER EK WAT DAN DIE PROBLEEM IS. ESTELLE

    7de Okt. 2011, 17:40
  • Ek soek een van die Sarie Kreatief boekies, dit lyk pragtig en maak jou lus om te brei. Baie dankie

    24ste Sep. 2011, 07:28
  • Dit lyk my hier is 'n helse probleem met aflewering of moet ek sê dienslewering by Sarie. Help asb hierdie mense dat hulle ten minste hulle tydskrif betyds kry.

    14de Sep. 2011, 21:59
  • Hallo, ek het 'n berig op bl 190 in die September 2011 uitgawe gelees van Petro Luus wat na 'n plaas in die Vrystaat getrek het en die stad's lewe nagelaat het, ek moet ook so beluit maak. Ook 'n vrystaatse boer ontmoet en ek het 'n baie goeie werk in die tv bedryf wat ek moet los. Ek sal graag met haar wil kommunikeer net om vir haar 'n paar vrae te vra, is dit moonlik om my email address vir haar te gee? mathildasa@yahoo.co.uk, ek sal dit waardeer as sy my kan kontak, anders as julle 'n nommer het waar ek haar kan bel sal dit gaaf wees. Dankie, Mathilda Engelbrecht 0824539676

    27ste Aug. 2011, 19:36
  • Ek is ook 'n intekenaar, maar daar is iets wat my pla. daar is altyd bladsye vol van modes vir maer mense, asdaar vir die volle figuur is is dit net 'n bladsy of twee. Queenspark se klere vir groter nommers is pragtig maar wys ook ander plekke s'n, soos Foshini, Miladys Edgars, dan kan ons ou vettes darem ook mooi klere sien.

    19de Aug. 2011, 11:09
  • Liewe SARIE-intekenare: Ons het die fout met die pastaboekies opgespoor. As gevolg van 'n invoegingsfout by die drukkers het die intekenare ongelukkig nie hul pastaboekies ontvang nie. Dit sal beslis saam met die volgende uitgawe ingevoeg word. Jammer vir die ongerief!

    18de Aug. 2011, 12:29
  • Ek het gister my Sarie vir September ontvang maar was baie teleurgesteld toe my bêre resepte boekie nie ingesluit was nie. Die Sarie wat op die rakke in supermakte verskyn sluit dit in.

    17de Aug. 2011, 15:08
  • Goeiedag! Ek ondervind probleme met die aflewering van my Sarie (reeds twee keer in minder as 'n jaar nie 'n SARIE ontvang nie). Ek het 'n e-pos na:sarie_inteken@media24.com gestuur. Is dit die regte adres vir hierdie tipe navraag? Vriendelike groete Wilana Henn (Malmesbury)

    1ste Aug. 2011, 20:48
  • Intekenaarnommer: 1663319. Goeiedag. Ek het alreeds geskakel i.v.m die aflewering van my Sarie, asook die aflewering van my suster se Sarie wat ek vir haar uitgeneem het. Ons het nie die nuwe Sarie ontvang nie, alhoewel dit al op die rakke is vir meer as 2 weke. Die dame by die klientediens nommer het gese dat dit weer gepos sal word, maar dis nou al meer as 'n week gelede en nog niks is ontvang nie. Sal julle so gaaf wees om asseblief terugvoering te gee. Gedink om in te teken sal makliker wees, maar nou is ek nie meer so seker nie. Baie dankie. Mev M Bowles

    29ste Jul. 2011, 10:18
  • Hallo almal by Sarie... N vriendin het my ingeteken op Sarie... Dit is my lekkerste lekker in die maand... Ek kan nooit wag dat my Sarie moet kom nie. Bravo Sarie, dis werklik n. Inspirasie en lekker "me" time" net vir my om my Sarie te lees. Julle Rule!

    28ste Jul. 2011, 19:54
  • Ag, nee, hoekom is Amor op jul voorblad?! Ek kan nooit wag om Sarie te koop nie- veral hier by ons waar ons dit nie altyd kry nie. Maar 'n Sarie met Amor op die voorblad of binne-in, koop ek sowaar nie. Ek is al so moeg vir haar liegstories en dat sy altyd die "arme ek" is. Sy se sy moes nooit gepraat het nie en dan blaker sy wragtig weer alles in 'n tydskrif uit! Sy en Joost moet maar bymekaar bly- hulle lieg en bedrieg ewe veel en nie een kan sonder aandag lewe nie. Ek wonder net wat die effek van sulke mense op hul kinders is, maar ek skat die kinders maak ook maar nie veel saak nie. Behalwe natuurlik wanneer sy hulle gebruik om by haar "beeld" te pas. Asseblief, Sarie, moenie 'n tweede Huisgenoot word en net artikels plaas vir sensasie nie.

    8ste Jul. 2011, 20:23
  • Goeiedag, ek is 'n Sarie intekenaar en het nou nog nie my nuutse uitgawe van Sarie ontvang nie, nadat al byna meer as twee weke op die winkel rakke is. Dit is nou maandelikse probleem en sien nie die nut om ingeskryf te wees as ek nie my tydskrifte betyds kan ontvang nie. Ek het ongelukkig nie my subskripsie nommer nie Ek sal dit hoop op die prys stel as u kan terugvoer gee. Vriendelike groete Loanne van Schalkwyk

    6de Jul. 2011, 20:04
  • Sarie Ek is dalk nie nou op die regte blad nie. Waar teken ek in net op die SARIE KOS? Of moet ek op sarie ook inteken? Yvonne

    16de Jun. 2011, 11:26
  • My vrou het in Desember 2010 as 'n kersgeskenk vir my ingeteken op Sarie Kos. Die tjek is reeds in Januarie gedebiteer. Sy het julle al geskakel maar tot datum het nog geen tydskrif opgedaag nie. Die posadres is Mnr A.E.Swanepoel, Posbus 5599, Helderberg, 7135

    26ste Mei. 2011, 08:12
  • Ek wil aanlyn inteken, maar die bedrag vir Sarie Kos @R163 vir 6 uitgawes soos in die huidige Sarie Kos (April / Mei 2011) verskil van dié op jul webwerf. Daar sê dit R193 vir 6 uitgawes. Wat is dit nou?

    18de Mei. 2011, 11:44
  • As ek kliek op die link om in te skryf vir Sarie sê die webpage "bad request" en niks gebeur nie?? Laat weet asb wat die probleem is. Groete

    17de Mei. 2011, 09:05
  • Hoe verander ek die adres waarheen my Ma se Sarie gestuur moet word? Ek het 'n plekkie gesoek, maar seker nie goed genoeg gekyk nie.

    10de Mei. 2011, 11:46
  • My inteken nr. 600249- het die hernuwing vorm gepos, wil net graag weet of jul dit al ontvang het.

    30ste Apr. 2011, 11:01
  • Ek het my in teken strookie deur gefax. Weet nie of julle dit ontvang het nie. Ek probeet nou al n week lank om vir my 2 dogters ook in te teken, maar sonder enige sukses. Kan julle help asb.

    19de Apr. 2011, 09:22
  • Intekenaarnommer is 1667371. Bestellingnommer is 2792382. Goeie middag - ek het op 23/03 as 'n nuwe intekenaar geregistreer. Dit was nie vir myself nie, maar as 'n subskripsie vir 'n vriendin. Kan julle asb aadui wanneer die eerste uitgawe aan haar gepos gaan word? Die betaling is reeds van my kredietkaart af. Groete Malinda Theron

    25ste Mar. 2011, 15:34

Web Development by FormFunction