Op die rooi tapyt

Mooi rokke by vanjaar se SAFTAS

Daar was heelwat mooi rokke by vanjaar se South African Film & Television Awards (SAFTAS). Alhoewel nie almal in die industrie met ’n goue beeldjie huis toe is nie, kon almal op die rooitapyt hul beste voetjie voor sit. 

7de Laan se Jo da Silva wys been in dié pragtige groen rok.

FOTO: Twitter  @SAFTAS1

FOTO: Twitter @SAFTAS1

Donnalee Roberts is benoem as Beste Aktrise in ’n hoofrol vir die rol in die fliek Pad na jou hart. Die aktrise steel ons harte in dié roomkleurige nommertjie.

Alle oë was op die glanspersoonlikheid Zuraida Jardine se gewaagde swart rok en bypassende Louboutin-skoene.

FOTO: Twitter  @ZuraidaJardine

FOTO: Twitter @ZuraidaJardine

Jana Strydom was ’n visie in rooi. Sy is benoem as Beste Aktrise in ’n hoofrol vir haar rol in die TV-drama Swartwater.

FOTO: Twitter @Jana_Strydom

FOTO: Twitter @Jana_Strydom

Lees ook