FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Op die rooi tapyt

Blake Lively se styl wen by Cannes

Die aktrise Blake Lively was een van die mooiste sterre op die rooi tapyt by vanjaar se Cannes-rolprentfees in Frankryk. Die uitrustings wat sy gedra het, maak van haar ’n ware stylikoon.

Blake, bekend vir haar rol as Serena van der Woodsen op Gossip Girl-faam, het die skoonheidshuis L’Oréal die afgelope week op die rooi tapyt verteenwoordig in Cannes.

Die mooiste skoonheidsvoorkomste by Cannes

Blake het met elke verskyning sprankelend, modern en stylvol gelyk. En dis nie net omdat haar aantreklike akteursman, Ryan Reynolds, aan haar sy was nie…

Ons kyk terug na Blake se groot oomblikke by Cannes die afgelope week.

Blake Lively op die rooitapyt tydens die eerste dag van Cannes. Sy dra 'n wynrooi Gucci-skepping FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake Lively op die rooi tapyt tydens die eerste dag van Cannes. Sy dra ‘n wynrooi Gucci-skepping
FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

Dié wynrooi uitrusting deur Gucci was die item wat almal se aandag op Blake gevestig het. Dis sexy, modern, vleiend, trendy én stylvol.

 

Vir haar tweede rooitapyt-verskyning het die aktrise ’n meer gewaagde stylkeuse gemaak. Dié rok van Chanel het baie aandag getrek – dis in ’n nuwe styl wat die draer se middel ekstra klein laat lyk. Óf jy hou van die rok, óf jy haat dit. Een ding is seker – Blake dra dié interessante rok met selfvertroue en waardigheid, iets wat beslis stylpunte verdien.

Ons gunsteling-rokke by verlede jaar se Cannes-rolprentfees

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

As jy nog nie van Blake se status as stylikoon oortuig is nie, sal die derde rok dit doen. In dié wit-en-swart rok, ook ’n Gucci-ontwerp, het Blake aan Grace Kelly se ou Hollywood-glans herinner. Die groot bolla wat laag in haar nek gesit het en haar helderrooi lipstiffie het die rok se dramatiese effek vergroot.

Kritiek teen Nicole Kidman se Grace Kelly-fliek

Blake by die première van The Captive FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake by die première van The Captive
FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

Boonop het sy die fynere besonderhede ook onthou – Blake se pragtige halssnoere (sy het twee gedra) het nie net voor mooi gehang nie, maar ook agter teen haar rug.

WAT DINK JY? WATTER UITRUSTING WAS JOU GUNSTELING? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad