Op die rooi tapyt

Die mooiste rokke by die Brit-toekennings

Dit is die grootste aand op die Britse musiek-kalender en gisteraand se Brit-toekennings was oudergewoonte weer vol opwinding. Ons kies die 5 mooiste rokke van dié spog-geleentheid.

Blaai deur ons galery vir ons keuse van die mooiste rokke. Hou jy ook van dié rokke? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Dannii en suster Kylie Minogue

Ons is mal oor Dannii Minogue (links) se J'Aton Couture-skepping. Die romp is deursigtig en sexy, terwyl die top stylvol en klassiek is. Die effense peplum-detail en dun belt beklemtoon haar dun middel.

Die 45-jarige Kylie (regs) het haar fietse lyf in 'n rok van William Wilde beklemtoon. Dié rok van rubber-materiaal het op al die regte plekke gesny en die strik aan die voorkant verleen net daardie flaire waarvoor sy so bekend is.

Ons wens tog Kylie het haar hare opgevat soos haar suster s'n sodat ons meer van dié rok kan sien

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Beyoncé

Beyoncé het haar nuwe liedjie "XO" by dié geleentheid vir die eerste keer gesing. Syt het haar bekende kurwes in 'n glinsterrok van Vrettos Vrettakos gewys.

Hier is sy in haar privaat-straler ná die vertoning

FOTO: Instagram (@beyonce)

Iggy Azalea

Die jong Australiese sangeres Iggy Azalea het ouwêreldse glans verleen in haar Eile Saab-skepping

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rosie Huntington-Whiteley

Die Britse aktrise en model het soos 'n ware Engelse roos gelyk in haar Saint Laurent-minirok.
Materiaal wat blink is deesdae hoogmode. Kyk ook na die rok wat Julianne Moore verlede jaar gedra het.

Hou jy van dié trend?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rita Ora

Die juwele-detail op Rita Ora se Prada-rok het ons oog gevang! Die ongewone kleurkombinasie van geel, pers en groen lyk pragtig!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die groot wenners op die aand

  • Britse Manlike Kunstenaar –  David Bowie (Kate Moss het dié toekenning namens David ontvang in een van sy ikoniese eenstukke – kyk hier!)
  • Britse Vroulike Kunstenaar - Ellie Goulding
  • Britse Groep – Arctic Monkeys
  • Britse Enkelsnit – “Waiting All Night” deur Rudimental ft. Ella Eyre
  • Britse Album van die Jaar – AM deur Arctic Monkeys
  • Internasionale Manlike Kunstenaar - Bruno Mars
  • Internasionale Vroulike Kunstenaar - Lorde
  • Internasionale Groep – Daft Punk