Op die rooi tapyt

Die gewildste rokke by die People’s Choice Awards – JA of NEE?

Rooitapyt-seisoen gaan oor veel meer as net die toekennings. Dit gaan ook oor wát die sterre dra. Ons kyk na die gewildste rokke – daardie rokke wat jou twee keer laat kyk het – by die People’s Choice-toekennings.

Hierdie is die 6 rokke wat ons aandag getrek het. SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, en Luzanne van der Watt, deel van SARIE se mode-span, sê wat hulle daarvan dink.

Maar ons wil ook weet wat jý dink – JA of NEE vir dié rokke? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Sandra Bullock

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Sandra lyk gewoonlik baie goed op die rooi tapyt. Ek dink egter die rok is effens te informeel vir dié geleentheid. Op ʼn manier is dit mooi, maar net té gewoon. Ek dink sy kon beter doen. Sy is in die kol met die blou – dis ’n kleur wat ons nog baie vanjaar gaan sien. Maar ai. Die blomme.

Ek is al so moeg vir crazy blomme. Dis nou genoeg!

LUZANNE: Sy het uitgeblink in ’n Peter Pilotto-skepping. Hierdie asimmetriese rok is beslis my gunsteling!

Sandra het 4 toekennings ingepalm – Beste Aktrise in ’n Fliek (Komedie) vir haar vertolking in The Heat; Beste Aktrise in ’n Fliek (Drama) vir haar vertolking in Gravity teenoor George Clooney; Gunsteling Fliek-duo vir haar en George in Gravity; én Algehele Gunsteling Rolprent-aktrise.

Jennifer Hudson

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Ek dink dis van die mooiste wat sy nog gelyk het. Sy lyk stylvol en elegant, én modern en modieus. Die wit doen haar gelaat wondere en haar mooi kort swart hare werk saam met die styl en kleur van die rok om haar energiek en vars te laat lyk.

LUZANNE: Wit is sedert verlede jaar ’n gróót mode-kleur en vanjaar gaan ons dit steeds baie sien. Jennifer lyk stylvol en vars in haar noupassende skepping – kyk net daai kurwes!

Van sangeres in American Idol tot Oscar-bekroonde aktrise vir haar rol in Dreamgirls. Jennifer se talente ken geen einde nie. Vanjar speel sy in die nuwe rolprent Lullaby teenoor bekende akteurs soos Amy Adams (Man of Steel) en Terrence Howard (Iron Man).

Alyssa Campanella

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Die enigste lang rok op ons lys. Die sleep van die rok is voor en nie ágter die rok nie – ek dink dit sal baie mooi beweeg as sy loop. En dieselfde geld vir die lap.

Die rok is opwindend en terselfdertyd vervelig. Ek kan nog nie besluit nie.  Ek hou daarvan en ook glad nie.

LUZANNE: Die rok, wat deur Lauren Elaine ontwerp is, is baie elegant. Die neklyn en belt om die middel wys haar mooi figuur sonder dat sy té kaal lyk.

Dié voormalige Mej. VSA begin nou ook kleiner rolle in televisiereekse en advertensies aanvaar – dalk wink ’n loopbaan in Hollywood vir die skoonheid?

Nina Dobrev

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Die kristal-borduursel maak van die klassieke swart rolnek-rok iets ongewoons. Interessant hoe die eenvoud heeltemal oorskadu word deur die kristalle. Ek dink nie ek hou hiervan nie. Haar hare is egter vir my baie mooi.

LUZANNE: Een van Kate Middleton se gunsteling-ontwerpers! Hierdie Jenny Packham-skepping het vir Nina soos ’n handskoen gepas.

Nina Dobrev en haar medespeler op The Vampire Diaries, Ian Somerhalder, het die prys vir Gunsteling TV-paartjie gewen. Die twee was ook in die werklike lewe ’n paartjie, met het onlangs uitgemaak.

Allison Williams

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Sjoe, sy is mooi! Die kleure van die rok is ook baie mooi, maar iets is nie reg nie … ek dink dis die ontwerp. Ek dink die rok is eksperimenteel en te hard. Maar dat hier drie groot trends is, is ook waar – blou, wit en geometries.

LUZANNE: Die kleur en silhoeët het haar perfek gepas en die eenvoudige haarstyl het die besige voorkoms mooi afgerond – ons kan sien waarom sy een van die gewildste jong aktrises is!

Groot dinge wag op dié jong aktrise. Die media beskryf haar as die volgende “America’s sweetheart”- ’n “titel” wat in die verlede al aan groot aktrises soos Meg Ryan en Julia Roberts behoort het. Die TV-program wat haar bekend gemaak het, Girls, is benoem vir Gunsteling-Reeks (op ’n betaal-kanaal).

Queen Latifah

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FANIE: Queen Latifa het óf maer geword óf dit is een van die vleiendste rokke wat sy kan dra. Of albei. Sy lyk pragtig! Die swart en die snit laat haar gesofistikeerd en smaakvol lyk.

LUZANNE: Queen Latifah wys net weer dat jy met swart nooit ’n fout kan maak nie  – dit bly maar net klassiek en tydloos. Die los bokant en stywer onderkant vlei haar figuur baie goed. Die dun enkelbandjies van haar skoene gee vorm aan haar bene. 

Queen Latifah volg in die voetspore van Oprah en Ellen DeGeneres met haar nuwe kletsprogram The Queen Latifah Show. Hiervoor het sy die toekenning vir Gewildste Nuwe Aanbieder (Kletsprogram) gewen.

 

 

JA of NEE vir dié rokke? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Volg die nuutste nuus oor die rooitapyt-seisoen HIER.  

Sien die volledige lys van wenners hier.

Hier’s ‘n foto-galery van die rokke
Rooitapyt-seisoen gaan oor veel meer as net die toekennings. Dit gaan ook oor wát die sterre dra. Ons kyk na die gewildste rokke – daardie rokke wat jou twee keer laat kyk het – by die People’s Choice-toekennings.

Sandra Bullock

FANIE: Sandra lyk gewoonlik baie goed op die rooi tapyt. Ek dink egter die rok is effens te informeel vir dié geleentheid. Op ʼn manier is dit mooi, maar net té gewoon. Ek dink sy kon beter doen. Sy is in die kol met die blou - dis ’n kleur wat ons nog baie vanjaar gaan sien. Maar ai. Die blomme.

Allison Williams

FANIE: Sjoe, sy is mooi! Die kleure van die rok is ook baie mooi, maar iets is nie reg nie ... ek dink dis die ontwerp. Ek dink die rok is eksperimenteel en te hard. Maar dat hier drie groot trends is, is ook waar - blou, wit en geometries.

Queen Latifah

FANIE: Queen Latifa het óf maer geword óf dit is een van die vleiendste rokke wat sy kan dra. Of albei. Sy lyk pragtig! Die swart en die snit laat haar gesofistikeerd en smaakvol lyk.

Jennifer Hudson

FANIE: Ek dink dis van die mooiste wat sy nog gelyk het. Sy lyk stylvol en elegant, én modern en modieus. Die wit doen haar gelaat wondere en haar mooi kort swart hare werk saam met die styl en kleur van die rok om haar energiek en vars te laat lyk.

Alyssa Campanella

FANIE: Die enigste lang rok op ons lys. Die sleep van die rok is voor en nie ágter die rok nie - ek dink dit sal baie mooi beweeg as sy loop. En dieselfde geld vir die lap.

Nina Dobrev

FANIE: Die kristal-borduursel maak van die klassieke swart rolnek-rok iets ongewoons. Interessant hoe die eenvoud heeltemal oorskadu word deur die kristalle. Ek dink nie ek hou hiervan nie. Haar hare is egter vir my baie mooi.