FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S.

FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S.

Op die rooi tapyt

Die mooistes by die Oscars 2016

Danksy skrikkeljaar kry ons vandag ’n ekstra dag, 29 Februarie. Wat beteken dat ons vandag ons ekstra tyd kan gebruik om die mooi Oscar-rokke te bewonder sonder om skuldig te voel!

Hier is ons moderedakteur, Amaria Carstens, se keuse vir die mooiste rokke by die Oscar-aand. Watter een is jou gunsteling?


“Die Oscars is byna verby en ek weet nie eintlik waaroor die meeste mense praat nie – soos wie wat gewen het vir wat nie. Ek is altyd so opgewonde om te sien wie stap met die Oscar-beeldjie weg, maar dan raak ek meegevoer deur die rooitapytrokke en vergeet skoon om te kyk wie wen!

En my fokus is dan nou op die rokke – hier is my gunstelinge.”

Cate Blanchett

Sy weet nou maar eenmaal hoe om ’n rok met 3D-ontwerp te dra sonder dat die rok háár dra.

Lady Gaga

Ongelooflik! Die broekkombinasie is vars, anders en stylvol.

Olivia Wilde

Ek is mal oor die plooi-detail, veral soos dit oor haar skouers val.

Olivia Munn

Eenvoudige snit wat goed pas en in ‘n kleur wat jou twee keer laat kyk.

Priyanka Chopra 

Charlize Theron

Ons verwag niks minder van Charlize as om ’n mens te bekoor nie – en sy doen dit weer eens in rooi.

Saoirse Ronan

Sy skitter in ’n smaraggroen rok met ’n gewaagde lae halslyn en rug.

Alicia Vikander

Ek is in twee geskeur oor Alicia Vikander se rok. Dis mooi, die kleur lyk stunning aan haar, maar oor haar borste pas dit regtig nie goed nie. Gelukkig kan jy dit nie op al die foto’s sien nie.