FOTO: Twitter  Vogue

FOTO: Twitter Vogue

Op die rooi tapyt

Dié rokke by die CDFA-toekennings het ons oog gevang

Die grootste name in die modewêreld is gisteraand in New York by die CFDA (Council of Fashion Designers of America)-toekennings vereer. Die rooi tapyt het uit die aard van die saak geskitter met pragtige en interessante uitrustings. 

Ons gunsteling vir die aand is Amanda Seyfried in ’n blink Rodarte-rok.

Janelle Monáe in ’n Tadashi Shoji-uitrusting.

Jemima Kirke in ’n tweestuk deur die ontwerper Rosie Assoulin.  

FOTO: Getty Images/Gallo Images

FOTO: Getty Images/Gallo Images

Katherine McPhee se uitrusting skree modern, kreatief. Die moulose jas bo-oor die swart potloodromp en “crop-top” het ons in ekstase. En die skoene!

Ons is gaande oor Coco Rocha se silwergrys rok. Die rug is ongelooflik en trek aandag, en die groot strik neem jou terug na die droomwêreld van ’n klein dogtertjie.

 Lees ook