claire_danes
Op die rooi tapyt

Uitrustings vir die rooi tapyt

Die een filmtoekenningsplegtigheid na die ander; heerlik vir modeliefhebbers om te sien wat ons gunsteling-aktrises aantrek en wat die nuwe tendense vir 2011 is.

Op Sondag 30 Januarie 2011 was dit die Screen Actors Guild Awards. Van ons gunsteling-uitrustings was:

Claire Danes in Louis Vuitton (foto bo):

Sy het soos ‘n wenner gelyk vandat sy haar voet op die rooi tapyt gesit het in haar Louis Vuitton-rok van bedrukte sy met geborduurde sy-blomme en swart pêrels. Sy het weggestap met die gesogte beeldjie as die beste aktrise in ‘n televisie, film of minireeks vir haar rol in Temple Grandin.

Mila Kunis, wat benoem was as ondersteunende aktrise vir haar rol in Black Swan, het die asems weggeslaan in haar rooi bedrukte Alexander McQueen-rok.

Vir nog asemrowende uitrustings, kyk hier.