Op die rooi tapyt

Op die rooi tapyt by die Suidoosterfeesbal

Die gemoedelikheid en vreugde was tasbaar en liefhebbers van die kunste, kunstenaars en borge het die aand saam in glans en glorie geniet.

Tydens hierdie een werklik deftige aand van die jaar waar Kaapstad se burgemeester ‘n ererol speel, dans almal saam. Me Patricia de Lille het met oorgawe deelgeneem aan die verrigtinge en ook haar slag op die dansvloer gewys.

Vroue in swierige dansrokke en mans in elegante pakke, ‘n pragtige venue (wat vanjaar aan Moulin Rouge herinner het) en ‘n heerlike driegangmaaltyd – dís die Suidoosterfeesbal, wat jaarliks by die Westin Hotel in die Waterfront gehou word.
 
Die bal is nie net ‘n viering van die liefde vir die kunste en Kaapstad nie, maar ook ‘n geldinsamelingsaand. Die wins van die kaartjieverkope word telkens gebruik vir ‘n nuwe skeppende produksie tydens die daaropvolgende jaar se Suidoosterfees.

Die organiseerders bedank al die maatskappye wat jaarliks ‘n tafel borg, en veral Distell wat goedgunstiglik die wyn van die aand verskaf.

* Kry die volle program vir die Suidoosterfees hier