FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Op die rooi tapyt

Die top-10 mooiste rokke by die Golden Globes

Die glans en opwinding van die Golden Globes gaan oor meer as wie die toekennings wen. Die rooi tapyt is net so opwindend! 

Cate Blanchett

Sy is ons wenner vir dié ronde! Stylvol en opwindend. Meesterlike ontwerp. Cate en haar rok komplementeer mekaar. Sy inspireer óns!

Kate Hudson

Die kontras tussen haar vel en rok is min, daarom werk die min materiaal van die rok. Die ontwerp pas by haar. “Sy laat jou twee keer kyk, en wonder …” sê Fanie.

Julianne Moore

Klassieke ontwerp en opwindende materiaal – die perfekte pasmaats!

Lady Gaga

Jy hoef nie altyd hard te skree om aandag te trek nie. Die ouskool-silhoeët met subtiele detail maak dié rok ’n instant classic.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Alicia Vikander

Subtiel, sag en romanties. “Byna koekerig, maar so sensueel – wow!” meen Fanie.

Rooney Mara

Dis bietjie ou nuus, maar net genoeg drama om aandag te trek.

Jennifer Lawrence

Baie slim ontwerp.

Jennifer Lopez

Mooi kleur, baie lap, werk soos ʼn bom!

Jane Fonda

Fanie sê: “Vreesloos, goed ontwerp en goed gemaak. Dit pas by haar, sy is ʼn legend. En sy vermaak ons. Dit is wat hierdie mense veronderstel is om te doen.”

Magdel, ons mode-assistent, sê: “Jane het ons verras met die valle, dit kan die effek van ’n troukoek skep … Ek voel Jane Fonda het niks om weg te steek nie en die valle was dalk net te veel.”

Rosie Huntington-Whiteley

Eenvoud werk in dié geval danksy die mooi materiaal. Altyd stylvol as daar nie te hard probeer word nie.