Rol uit die rooi tapyt! Dis weer tyd vir die Emmys
Hollywood gaan Sondagaand (29 Augustus 2010) behoorlik skitter met sy blinkste sterre, glansryke uitrustings en blinkgevryfde Emmy-toekenings.
Dis die 62ste bestaansjaar van die gesogte Emmy-toekennings waar die crème da la crème van die TV-bedryf vereer word en word dié jaar aangebied deur komediant Jimmy Fallon.
HULLE IS VAN DIE BENOEMDES IN DIÉ KATEGORIEË
Beste akteur in 'n komediereeks
EN GEORGE WEN OOK!
Akteur/regisseur/vervaardiger George Clooney word dié jaar met die gesogte Bob Hope Filantropiese toekenning vir sy humanitêre werk vereer veral vir sy vermoë om die hele vermaaklikheidsbedryf bymekaar te kry wanneer daar iewers in die wêreld nood is. Hy is maar die vierde persoon in die geskiedenis wat met hierdie toekenning vereer word. Oprah was die eerste ontvanger hiervan.
HET JY GEWEET?
* Celebrity-sjef Jamie Oliver se realiteitsreeks, Jamie Oliver's Food Revolution, het reeds sy Emmy ontvang toe die spesiale kategorieë verlede naweek uitgedeel is. In dié reeks takel Jamie die ongesonde eetgewoontes van die Amerikaners.
* Jackie Kennedy was die enigste presidentsvrou wat al 'n Emmy gewen het. Sy het dit in 1962 ontvang vir haar TV-toer deur die Withuis.
* ER is die TV-reeks wat al die meeste Emmys in die geskiedenis bymekaar gemaak het: 'n volle 122!
Verwante artikels
-
David Beckham wys sy seuns by die 2010 Teen Choice-toekennings
SARIE Augustus 2010
David Beckham is as die Teen Choice-toekennings se sportman van die jaar aangewys.
-
Emmy-toekennings 2010: Wie het wát gedra?
SARIE Augustus 2010
Hier is die mode-wenners van 2010 se Emmy-toekennings.
-
Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt
SARIE Maart 2010
Hier is foto's van die 'paartjie'by die onlangse New Yorkse premiere van hul fliek, The Bounty Hunter. Kyk ook uit vir 'n eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler hier op sarie.com.
















Kommentaar