Op die rooi tapyt

Rol uit die rooi tapyt! Dis weer tyd vir die Emmys

Dis die 62ste bestaansjaar van die gesogte Emmy-toekennings waar die crème da la crème van die TV-bedryf vereer word en word dié jaar aangebied deur komediant Jimmy Fallon.

HULLE IS VAN DIE BENOEMDES IN DIÉ KATEGORIEË

Beste akteur in ‘n komediereeks

Alec Baldwin in 30 Rock
Steve Carell in The Office
Tony Shalhoub in Monk
Beste aktrise in ‘n komediereeks
Julia Louis-Dreyfus in Christine Campbell
Tina Fey in 30 Rock
Toni Colette in United States of Tara
Beste akteur in ‘n dramareeks
Hugh Laurie in House
Michael C. Hall in Dexter
Matthew Fox in Lost
Beste aktrise in ‘n dramareeks
Julianna Margulies in The Good Wife
January Jones in Mad Men
Kyra Sedgwick in The Closer
Beste komediereeks
The Office
30 Rock
Glee
Beste drama-reeks
Dexter
Mad Men
The Good Wife
Lost

EN GEORGE WEN OOK!

Akteur/regisseur/vervaardiger George Clooney word dié jaar met die gesogte Bob Hope Filantropiese toekenning vir sy humanitêre werk vereer veral vir sy vermoë om die hele vermaaklikheidsbedryf bymekaar te kry wanneer daar iewers in die wêreld nood is. Hy is maar die vierde persoon in die geskiedenis wat met hierdie toekenning vereer word. Oprah was die eerste ontvanger hiervan. 

HET JY GEWEET?

* Celebrity-sjef Jamie Oliver se realiteitsreeks, Jamie Oliver’s Food Revolution, het reeds sy Emmy ontvang toe die spesiale kategorieë verlede naweek uitgedeel is. In dié reeks takel Jamie die ongesonde eetgewoontes van die Amerikaners.

* Jackie Kennedy was die enigste presidentsvrou wat al ‘n Emmy gewen het. Sy het dit in 1962 ontvang vir haar TV-toer deur die Withuis.

* ER is die TV-reeks wat al die meeste Emmys in die geskiedenis bymekaar gemaak het: ‘n volle 122!



 

 

 

  • 7Brkiz mdqgbynnxvrj, [url=http://taxycbxunxdw.com/]taxycbxunxdw[/url], [link=http://zgfyhkouxotu.com/]zgfyhkouxotu[/link], http://hajwdsqcoodq.com/