Emmy-toekennings 2010: Wie het wát gedra?
Hier is die mode-wenners van 2010 se Emmy-toekennings.
Die modes op die rooi tapyt is soms baie meer opwindend as die uitdeel van die toekennings. Tydens gisteraand (Sondag 29 Augustus) se Emmy-toekennings was koningsblou die grootste modekleur en vroulike valle het rok ná rok sag na die grond getuimel. Die nousluitende styl met 'n effense sleep het hoogdy gevier.
Soos altyd was swart - in kombinasie met wit - ook 'n klassieke keuse. Interessante detail soos materiaalrose, geometriese patrone en deursigtige lae het dié klassieke treffers 'n moderne gevoel gegee. Blinkers het ekstra glansrykheid aan die geleentheid verleen en sagte laventel het uitgestaan tussen die strak swart en koningsblou. Skouerlose of een-skouer bo-stukke was ook gróót nuus.
Húlle het ons aandag getrek:
CLAIRE DANES (foto bo) het 'n pragtige Giorgio Armani Privé bronskleurige rok met duisende blinkertjies gedra. 'n Rok soos dié vra vir min bykomstighede!
KIM KARDASHIAN lyk soos 'n Griekse godin in haar Marchesa-rok.






KYK OOK:
Verwante artikels
-
Bekende SA TV-vrou wen gróót oorsee
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Gesoute TV-joernalis van 3rd Degree (op e.tv), Debora Patta, het in 2010 die Italian Women in the World-prys in Bologna, Italië gewen.
-
Louis Vuitton, Bono op Upington
SARIE September 2010
Droë gras, bossies, heuwels en wie sou nou kon dink: Louis Vuitton!
-
Resepte vir Hollywood-styl mengeldrankies
SARIE - Maart 2011
'n Hoogtepunt op Hollywood se kalender is die jaarlikse Bafta’s (Orange British Academy Film Awards). Boonop het 2011 se after party beslis skop gehad.
-
Rol uit die rooi tapyt! Dis weer tyd vir die Emmys
SARIE Augustus 2010
Hollywood gaan Sondagaand (29 Augustus 2010) behoorlik skitter met sy blinkste sterre, glansryke uitrustings en blinkgevryfde Emmy-toekenings.
-
SA-aktrise vir Emmy benoem, maar het nie geld om te gaan nie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 12
Lerato Moloisane- stiefsuster van die Idols-beoordelaar, Proverb - is vir 'n gesogte Emmy-toekenning in Amerika benoem vir haar rol in die plaaslike drama, Home Affairs. Maar sy het nie genoeg geld om die seremonie in New York by te woon nie.























Kry jou SARIE oral, enige tyd