clairedanes
Op die rooi tapyt

Emmy-toekennings 2010: Wie het wát gedra?

Die modes op die rooi tapyt is soms baie meer opwindend as die uitdeel van die toekennings. Tydens gisteraand (Sondag 29 Augustus) se Emmy-toekennings was koningsblou die grootste modekleur en vroulike valle het rok ná rok sag na die grond getuimel. Die nousluitende styl met ‘n effense sleep het hoogdy gevier.

Soos altyd was swart – in kombinasie met wit – ook ‘n klassieke keuse. Interessante detail soos materiaalrose, geometriese patrone en deursigtige lae het dié klassieke treffers ‘n moderne gevoel gegee. Blinkers het ekstra glansrykheid aan die geleentheid verleen en sagte laventel het uitgestaan tussen die strak swart en koningsblou. Skouerlose of een-skouer bo-stukke was ook gróót nuus.

Húlle het ons aandag getrek:

CLAIRE DANES (foto bo) het ‘n pragtige Giorgio Armani Privé bronskleurige rok met duisende blinkertjies gedra. ‘n Rok soos dié vra vir min bykomstighede!

KIM KARDASHIAN lyk soos ‘n Griekse godin in haar Marchesa-rok.

Kim Kardashian

EMILY BLUNT was sag in laventel. Haar eenskouerrok is deur Christian Dior gemaak.
Emily Blunt
TINA FEY van 30 Rock het ‘n elegante Oscar de la Renta-rok met geometriese detail gedra.

Tina Fey

HEIDI KLUM het haar lenige bruingebrande bene gewys met ‘n ekstra-kort rokkie deur Marchesa. Die prentjie is netjies afgerond met Christian Louboutin-skoene – hoe dan nou anders!

Heidi Klum


KELLY OSBOURNE het nog nooit so mooi gelyk nie! Die lae V-nek-halslyn het haar nuwe figuur pragtig beklemtoon. Die rok is ontwerp deur Tony Ward.

Kelly Osbourne

EVA LONGORIA PARKER moes fyntrap om nie elke keer haar Robert Rodriguez-rok raak te trap nie. Kyk net die mooi detail!

Eva Longoria

 

 

KYK OOK:

Instyle se fotogalery

E-Entertainment se Fashion Police