groep2
Op die rooi tapyt

Fanie Cronjé gaan kyk die Egoli-fliek: “Dit is nie ‘n episode van Egoli nie, so kry jou kop reg”

Dié fliek, wat uit die sepie voortgevloei het, het ‘n nuwe baadjie aangetrek, maar die glans en die glorie was net nie daar nie.

Daar is nie ‘n Edwards in sig nie.

Behalwe vir Louwna, sy is op vir een toneel in Nora (Christien Basson) se kombuis. Nie eers naby haar mooi huis met sy groot trap nie. Maar nou ja, dit is seker nie waaroor dit gaan nie.

Joe (Darren Kelfkins) en Niek (David Rees) is die sentrale karakters. Die twee ken mekaar al jare en dra saam aan ‘n geheim uit hul verlede. Hulle word sterk ondersteun deur die nuwe “it-girl“, Peggy (Leandi du Randt). Die fliek is donker, sy karakters kry swaar onder ekonomiese- en sosiale druk, en die

Brümilda van Rensburg se gunsteling-foto’s

finansies lyk beroerd vir almal behalwe die sluwe TJ (Lerato Motau), en, wel, Louwna, met haar twee sekondes op die skerm. Shame, arme Joe. Dit gaan regtig sleg met hom. Gaan kyk maar die fliek, dan sal jy verstaan.

Een ding is verseker, Franz Marx maak seker sy akteurs kan speel. Daar is nie ‘n geginnegaap op sy skerm soos wat ons al in die verlede met Suid-Afrikaanse flieks gesien het nie. Christina Storm (Bienkie) sukkel, maar haak tog die knoop net-net deur.

En hoekom op aardbodem het hul besluit om Hanna Grobler se stem oor te klank? Dit was vir my ontsettend simpel en onnodig. Sy speel een van die dansers wat saam met Peggy by Teazers werk.

Darren Kelfkins was wonderlik, en David Rees het ‘n toneel in die begin van die fliek, wat baie mooi was. Ek het gedink beide van hulle speel goed.

Dit is nie ‘n episode van Egoli nie, so kry jou kop reg.

Egoli: Afrikaners is plesierig begin 16 Junie 2010 landwyd draai – bespreek jou kaartjies by Sterkinekor