Fanie gaan kyk Mamma Mia!
"Mense, het ek nou ʼn lekker aand gehad gisteraand. Die verhoog-weergawe van die musiekblyspel Mamma Mia!, gegrond op en geïnspireer deur ABBA se musiek, word by die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg opgevoer."
En eergisteraand (5 Oktober) was die openingsaand. Ek is mal oor 'n openingsaand, soos julle seker al agtergekom het.
Die gastelys het uit sy nate gebars. Almal van sepiesterre tot sangers, TV-persoonlikhede, agente, musikante en verhoog-akteurs was daar.
Die storie, kortliks, gaan oor Sophie, gespeel deur die jong Carmen Pretorius (sy is te oulik), wat haar pa soek en dan die drie moontlike kandidate na haar troue nooi om vas te stel wie dit nou eintlik is. Die stuk speel af op ʼn Griekse eiland die dag voor en op die troue.
Gina Shmukler in die vroulike hoofrol as Donna, Sophie se ma, is duidelik ʼn musiekteater-ster van formaat. Haar vertolking van "The winner takes it all" is treffend. Anrich Herbst as Sam, een van die moontlike pa's, was net so ʼn plesier om te aanskou. Ek het sy sang geweldig geniet. Sy vertolking is beheersd en gefokus. Hy doen nie somersaults en bollemakiesies nie.
Dis ʼn lekker balans tussen al die ander bedrywighede op die verhoog. Die ensemble cast en die koor werk uitstekend en dis heerlik om na hulle te kyk. Ek hou altyd van 'n chorus - dit gee lewe. Vir my behoort die verhoog egter aan drie spelers: Kate Normington as Tanya, Ilse Klink as Rosie (Donna se vriendinne) en Neels Clasen, nog een van Sophie se moontlik pa's. Ek kon nie wag vir hulle om op die verhoog te verskyn nie. Kate en Ilse gee ʼn komiese kragtoer. Hulle wys hul staal as SA verhoog-elite. En Neels is eenvoudig wonderlik, gemaklik, moeiteloos en sjarmant.
Mamma Mia! doen presies wat dit moet doen. Dit laat jou goed voel.
Geniet jouself tog so 'n bietjie en treat jouself. Die produksie is hoogs vermaaklik. Selfs die suurste pruim kon nie help om te glimlag nie.
Mamma Mia! is tot einde Desember 2010 opgevoer.
Verwante artikels
-
5 Minute met Fanie Cronjé, SARIE se glans-man
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Fanie Cronjé is SARIE se styl- en sosiale redakteur en dit beteken hy is die een wat byna elke glansryke geleentheid bywoon en SARIE dan daar verteenwoordig. Hy maak ook seker dat SARIE se voorblaaie so pragtig en stylvol is.
-
Anrich Herbst in Mamma Mia, en gesels oor pa-wees
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hy kan sing ook, ja! Op 39 is Anrich Herbst van Orkney snork nie-, Egoli- en Isidingo-faam al 'n veteraan-akteur.
-
Orkney se Wimpie nou in Mamma Mia!
SARIE - Oktober 2009
-
SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek
SARIE - November 2010
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.


















Kommentaar