Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart
FOTO: Twitter

Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart FOTO: Twitter

Op die rooi tapyt

FOTO: Donnalee se rok deur Angelique ontwerp – JA of NEE?

“Sy moet soos ’n ster voel wanneer sy dit dra,” het Angelique Gerber gister oor Donnalee Roberts se rok by die première van Pad na jou hart in Johannesburg gesê.

En sy was reg – Donnalee het beslis soos ’n ster gelyk! Dié rok, ontwerp deur Angelique, is ’n pragtige skepping in skakerings van sjampanje en goud. Die bo-stuk van die rok is met goue blinker-detail versier. Die rompgedeelte, van sagte sjampanje-kleurige materiaal, het tot op die grond gehang. Die rok het ’n groot gedeelte van Donnalee se rug gewys.

Ons wil hoor wat jy van Donnalee se rok dink? Is dit ’n treffer of ’n flop?

IMG_2149

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Meer oor die nuwe fliek Pad na jou hart

“Dit was vir my ’n baie lekker proses, want Donnalee is my vriendin,” het Angelique gister vertel oor dié rok. “Ons het presies geweet wat die ander een bedoel toe ons oor die rok gepraat het. Donnalee weet waarvan sy hou en was baie betrokke by die maak van die rok. Sy het self gesê wat ek moet bysit of weghaal.”

Angelique en Donnalee was nie die enigstes met haar rokke op die rooi tapyt nie. Lourene Liebenberg (onder links) het een van Angelique se rokke gewen én die geleentheid gehad om saam met die ster op die rooi tapyt te loop.

Drie van Angelique se ontwerpe. Lourene Liebenber (links) het die rok wat sy dra gewen. FOTO: Phyllis Green

Drie van Angelique se ontwerpe. Lourene Liebenber (links) het die rok wat sy dra gewen. FOTO: Phyllis Green

Lees ons onderhoud met Angelique HIER waar sy praat oor hoe sy Donnalee se rok ontwerp het.

  • Johlet

    Dit lyk vir my baie soos n rok wat Melinda Bam aan gehad het so paar maande terug.

  • Jani Breyton

    Hoe kan Angelique dieslefde rok vir Donna-Lee maak as wat sy self aan het? Net met rooi in? Ek is jammer maar ek dink nie mense sien Angelique se ware kleure nie. Sy is getroud maar was die hele Desember saam n ander man. Al die fotos is op facebook. En nou sien ek dis dieselfde man wat gisteraand saam haar by die movie was. A nee a. Sys gif!

    • Anzelle

      Angelique en Donnalee het albei stunning gelyk en die designer (Angelique) het ‘n Awesome job gedoen. Jani ek weet nie hoekom jy so bitter is teenoor Angelique nie(seker jaloesie) maar kry eers jou feite reg voor jul sulke goed soos hierbo sê. As jy haar persoonlik ken dan sal jy weet dat dit nonsens is, sy het Desember gewerk!!
      Sy is talentvol en super special vir die mense in haar lewe. So gaan wees lelik elders!!

    • Anne

      Jy’s erge gif my girl!!!

  • Melissa Groenewald

    Die rok is pragtig, maar dit sou meer spesiaal gewees het as haar vriendin n ander styl gekies het.

  • Jayson

    Jani Breyton ek is n vriend van De Ville die sogenamde man wat
    jy Angelique Gerber valslik mee beskuldig.De Ville is apart persoonlik deur
    Donnalee en Ivan genooi na die premiere. Siende dat jy daar was het jy gesien
    dat De Ville die hele aand aleen was en hy het sy eie meisie in die Kaap.Sies
    Jani skaam jou !! jy is vieslik! Kry volgende keer jou feite reg.Get a Life
    Jani

    Angelique Gerber ek koop verseker van nou af al my verloofde se klere by
    jou.Dit is asemrowend mooi.

  • Lizke

    Jani Breyton dit vat groot gif om klein gif raak te sien. Ek was self by Diaz strand Angelique is ‘n absolute fantastiese aanbiedster en het by Diaz strand amper die hele dag baie hard gewerk. Sy het haar harde werk saam met haar facebook fans gedeel. Sy het op ‘n baie eerlike manier haar geld verdien net soos die man wat jy haar valslik mee beskuldig. Hy moes fitness aanbied soggens en dit was ook deel van haar werkspaket waarvoor sy betaal was..Ek hoop jy is bewus dat jou valse aantuigings met valse feite jou in hengse moeilikheid kan laat beland. Angelique sprei jou vlerke vlieg hoog. Die hoogste bome kry altyd die meeste wind. Jani is blind daar is baie detail op die rok wat anders is onder andere die rug skouers ens. Jy is pragtig binne en buite. Ek gaan verseker van jou klere koop. Jou rokke is pragtig. Go girl Go! Donna het pragtig gelyk voorwaar “red carpet” gehalte!