FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

FOTO: Kate se rok – JA of NEE?

Nuwe ma Kate het die mans in haar lewe by die huis gelos toe sy gisteraand met haar eerste amptelike solo-verskyning ná prins George se geboorte ’n glansryke liefdadigheidsfunksie bygewoon het.

Die 31-jarige hertogin het soos gewoonlik elegant gelyk in ’n swart knielengte-rok en haar kenmerklike bruin hare het los om haar gesig gehang. Sy het haar uitrusting afgerond met ’n rooi palmtas en Jimmy Choo-skoene.

Nou kan jy jou mening gee – is haar uitrusting ’n treffer of n flop?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Dié funksie was ten bate van Sportsaid, waarvan sy die beskermheer is. Hulle befonds talentvolle jong atlete en belê in hul toekoms.

Bron: Hello