Idris Elba as Mandela

Flieks

FOTO’S: Mandela-film se wêreldpremière

Opwinding was die naweek groot met die première van dié biografiese film oor die voormalige SA president Nelson Mandela.

Mandela-film: Só lyk die plakkaat

Mandela: Long Walk To Freedom

FOTO: Riaad Moosa (Ahmed Kathrada), Lindiwe Matshikiza (Zindzi Mandela), Deon Lotz (Kobie Coetsee), Terry Pheto (Evelyn Mase), regisseur Justin Chadwick , Naomie Harris (Winnie Madikizela-Mandela), Idris Elba (Nelson Mandela) en die vervaardiger, Anant Singh.

Die opgewonde skare in Kanada was verras toe die sterre van dié film voor die tyd saam met hulle foto’s geneem het.

Mandela: Long Walk To Freedom

FOTO: Die Suid-Afrikaanse sterre van dié film. Riaad Moosa, Lindiwe Matshikiza, Deon Lotz en Terry Pheto.

Eerste kyk na Mandela-film se lokprent

Die fliek is baie goed by dié filmfees ontvang. Daar is reeds sprake dat Idris ‘n Oscar kan ontvang vir sy vertolking van dié legendariese vryheidsvegter. Die gehoor het aan die einde van die film ‘n staande ovasie gegee van 8 minute lank – iets wat ongehoord is by filmfeeste.

Mandela: Long Walk To Freedom

FOTO: Die vervaardiger Anant Singh en sy vrou Vanashree. Madiba het die filmregte aan Anant gegee.

Mandela inspireer New York

Dié film is gebaseer op Madiba se outobiografiese boek met dieselfde titel wat in 1994 gepubliseer is. Die Oscar-benoemde William Nicholson (Gladiator, Les Misérables) het dié boek in ‘n draaiboek omskep. Ander Suid-Afrikaners in dié film wat nie by die première was nie is  Gys de Villiers as oupresident F.W. de Klerk, Rob van Vuuren, Grant Swanby en Fana Mokoena.