bobby_en_annatjie_van_jaarsveld
Op die rooi tapyt

FOTO’S: Sterre op kykNET se blou tapyt by Fiestas

Dit is die Oscars van Afrikaanse teater. Die gesogte goue beeldjie is in 16 kategorieё toegeken aan die beste van die beste kunstenaars en produksies wat verlede jaar by feeste landwyd gedebuteer het.
Die tronkdrama Rooiland se ster het helder geskitter en met nominasies in ses kategorieё is die produksie met vier pryse beloon. Rooiland se Brendon Daniels het die prys verower vir beste akteur, Jaco Bouwer vir beste regie, Bouwer en Tertius Kapp vir beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en Kapp weer vir beste opkomende kunstenaar.

’n Rits pryse is ook deur die buitelugproduksie Lot, wat in ses kategorieё benoem is, ingepalm. Lot is vir beste aanbieding vereer, Neels van Jaarsveld vir beste byspeler en Nicola Hanekom vir beste teaterontwerp.

Die Innibos Kunstefees, wat jaarliks in Nelspruit gehou word, het die kykNET Fiesta-titel van gewildste fees verower.

Vir hulle uitnemende en lewenslange bydraes tot onderskeidelik teater, musiek en woordkuns is die Suid-Afrikaanse ikone Louis van Niekerk, Mimi Coertse en Elsa Joubert elk met ’n goue beeldjie vereer.

Die toekenningsaand het optredes deur verskeie van SA se top-kunstenaars ingesluit. Die gehoor is onder meer getrakteer met die tongval van Antjie Krog, die beminde stem van Steve Hofmeyr, ’n Afrikaanse duet deur Claire Johnston en Vusi Mahlasela en die manewales van Jack Parow en David Kramer.

‘n Spesiale uitsending van die KykNET Fiestas sal op Donderdag 1 Maart om 19:30 uitgesaai word op kykNET kanaal 111 op DSTV.

Elma PostmaNeels van Jaarsvels en Diane Mostert

Jana Cilliers en David KramerWillem Botha


 
Wenners van die kykNET Fiestas 2012

Beste akteur
Brendon Daniels (Rooiland)

Beste aktrise
Wilna Snyman (Klaasvakie)

Beste byspeler
Neels van Jaarsveld (Lot)

Beste byspeelster
Esther von Waltsleben (Agterplaas)

Beste regie
Jaco Bouwer (Rooiland)
 
Beste teaterontwerp
Nicola Hanekom (Lot)
 
Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Karen Zoid (Malaika/My Engel)
 
Beste spel in ‘n solo-vertoning
Shimmy Isaacs (Howzit my bra!)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering
Rooiland (Jaco Bouwer & Tertius Kapp)
 
Beste opkomende kunstenaar
Tertius Kapp (Rooiland)

Beste prestasie in klassieke musiek
Ben Schoeman (Uitvoering van Franz Liszt se werke)

Beste prestasie in dansteater
Die Namjive-dansgeselskap (Mense van mense)

Beste prestasie in visuele kuns
Diane Victor (Innibos feeskunstenaar)

Beste aanbieding
Lot

Gewildste Fiesta-aanbieder
Willem Botha

Gewildste fees
Innibos

Lewensbydrae vir teater
Louis van Niekerk

Lewensbydrae vir musiek
Mimi Coertse

Lewensbydrae vir woordkuns
Elsa Joubert

Vinette IbrahimVicky Davis en metgesel

Therese BenadeFiroze Katz, Altus Theart en Nadia Beukes

Hennie van Greunen en Pedro KrugerLouis van Niekerk en Elsa Joubert

Deon OppermanAnnelise en Ewald Weiland