Golden Globes: Ons gunsteling-rokke

SARIE Januarie 2012

Die 69ste Golden Globe-toekennings is gister (15 Januarie 2011) in Los Angeles gehou. Ons modedirekteur, Chris Viljoen, wys sy gunsteling-rokke. Meryl Streep het elegant en gemaklik gelyk in haar klassieke rok – beslis 'n wenner!

Tilda Swinton

Tilda Swinton
Perfekte snit

Tilda is ‘n groot aanhanger van Haider Ackermann en het ‘n sagte, getaileerde skepping in poeierblou van dié ontwerper gedra.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Angelina Jolie by vanjaar se Golden Globes

Angelina Jolie
Retro-glans

Angelina was pure ou-Hollywoodglans in ‘n noupassende Versace-rok. Sy het die rok perfek afgerond met bloedrooi lippe, ‘n rooi palmhandsak in die een hand (en natuurlik Brad Pitt aan die ander).

FOTO: www.goldenglobes.org

Kate Winslet by vanjaar se Golden Globes

Kate Winslet
Swart-en-wit

Ons is gaande oor Kate se swart-en-wit Jenni Packham-rok. Dié kleurkombinasie is hoogmode en die snit is baie vleiend.

FOTO: www.goldenglobes.org

Charlize Theron by vanjaar se Golden Globes

Charlize Theron
Glansryk

Charlize was weer eens baie glansryk in ‘n Dior-skepping. Ons is mal oor die oorgroot strik wat die lae neklyn en 'n baie hoë spleet perfek afrond.

FOTO: www.goldenglobes.org

Elle Macpherson by vanjaar se Golden Globes

Elle Macpherson
Romanties

Op 47 kan Elle nog steeds sê sy het “Die Lyf”, ‘n bynaam wat sy in haar jonger dae in die modebedryf verwerf het. Sy het geskitter in ‘n romantiese skepping van Zac Posen.

FOTO: www.goldenglobes.org

Nicole Kidman by vanjaar se Golden Globes

Nicole Kidman
Detail

Nicole lyk asembenemend in 'n indrukwekkende Versace-rok. Ons is mal oor die krale-detail wat haar kurwes perfek beklemtoon.

FOTO: www.goldenglobes.org

VIDEO'S

Wie was jou gunsteling op die rooi tapyt?

Verwante artikels

Galery

  • Meryl Streep by vanjaar se Golden Globes
  • Tilda Swinton
  • Kate Winslet by vanjaar se Golden Globes
  • Angelina Jolie by vanjaar se Golden Globes
  • Charlize Theron by vanjaar se Golden Globes
  • Elle Macpherson by vanjaar se Golden Globes
  • Nicole Kidman by vanjaar se Golden Globes

Kommentaar

  • EK is mal oor Glen Close se tydlose skepping, dit kan deur enige ouderdom gedra word sonder om te veel te lyk. Soos gewoonlik skitter die dames, Wow vir Kate Winslet en Angela soos gewoonlik pragtig! Daai poeier blou rok, asbsoluut verruklik!!!

    23ste Jan. 2012, 09:19
  • Wat n klomp pragtige mense bymekaar. Charlise het vir my die mooiste gelyk. Die kleur en styl van die rok was uit n ander wereld.

    19de Jan. 2012, 16:51
  • Van hulle lyk net altyd so mooi. Maar my gunsteling? Nicole Kidman.

    18de Jan. 2012, 06:05
  • Angelina se rok is pragtig, maar sy lyk oud.... Charlize lyk die mooiste....♥

    17de Jan. 2012, 10:30
  • Tilda Swinton in haar Haider Ackermann skepping, in poeierblou....... die heel, heel mooiste!

    16de Jan. 2012, 21:15
  • George Clooney - whew!! En ons pragtige eie meisie uit Benoni, Afrika: sy spreek van styl, styl, styl!

    16de Jan. 2012, 19:02
  • Die dames se rokke is almal pragtig en gepas vir die rooi tapyt, maar Angelina Jolie se rok sit nie mooi oor haar buustelyn nie. Charlene Theron lyk asemrowend, maar haar weemoedige glimlag pas beslis nie by haar rok nie...

    16de Jan. 2012, 16:34

Web Development by FormFunction