FOTO: Instagram @heidiklum

FOTO: Instagram @heidiklum

Op die rooi tapyt

Die teleurstellings op die Golden Globes se rooi tapyt

Saartjie was opgewonde, sprakeloos en teleurgesteld deur van die rokkeuses op gisteraand se Golden Globes-rooitapyt. Sy sê wie haar nié beïndruk het nie. 

SAARTJIE hastag

Ongelukkig het dié aktrises my teleurgestel:

Kate Winslet se rok was net té vervelig

Embed from Getty Images

Rachel McAdams herinner my hier aan ’n Kersfees-tafeldoek. Dit komplementeer haar glad nie!

Katy Perry se rok is beslis nie vleiend nie  … Herinner bietjie aan Patrick van SpongeBob.

Heidi Klum se veeragtige keuse het die koppe laat draai, maar vir die verkeerde redes!

Felicity Huffman is ’n mooi vrou en die rok is mooi. Maar die twee is nie pasmaats nie. Die rok is te jonk vir haar, en die swart hare laat haar gesig te hard lyk.

Amy Schumer – Chaos!

Maggie Gyllenhaal het Saartjie besonder teleurgestel met haar rokkeuse. Niks werk bymekaar nie!

Emilia Clarke het gelyk asof sy enige oomblik haar vlerke wil sprei.

Regina King – Stilbly is ook ’n antwoord!

Amanda Peet se Alexander McQueen-rok lyk afgerammel.

Daar was dalk teleurstellings by die Golden Globes, maar van die bekendes het ook sjiek, elegant en stylvol gelyk! Kyk HIER na ons top-10 mooiste rokke!