Op die rooi tapyt

Golden Globes – top-6 inspirasie-rokke

Rooitapyt-seisoen gaan oor veel meer as net die toekennings. Dit gaan ook oor wát die sterre dra. Ons het die 6 rokke gekies wat jou twee keer laat kyk het op die rooi tapyt by die Golden Globes.

Die aand het omtrent op ’n snaakse noot afgeskop – net ’n paar uur voodat die sterre oor die rooi tapyt moes loop, het ’n rioolpyp gebars! Werkers van die Beverly Hilton waar die geleentheid gehou is, en selfs brandweermanne, moes spook om die mat droog te kry voordat die geleentheid begin.

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, en Luzanne van der Watt, ons senior mode-assistent, gee hul menings oor die rokke. Maar ons wil ook weet wat jy daarvan dink – is die rokke treffers of flops? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Kyk deur ’n galery van ons mooiste rokke

Helen Mirren in Jenny Packham

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Gallo Images/Getty Images

Cate Blanchett in Armani

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Gallo Images/Getty Images

Robin Wright in Reem Acra

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Gallo Images/Getty Images

Lupito Nyong'o in Ralph Lauren

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Gallo Images/Getty Images

Michelle Dockery in Oscar De La Renta

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Gallo Images/Getty Images

Amy Adams in Valentino

SARIE sê: Top-6 inspirasie rokke
FOTO: Twitter

Helen Mirren

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

TREND: Smaraggroen – dis ’n pragtige skakering van dié mode-kleur

FANIE SÊ:  Dit is ʼn baie mooi ontwerp en komplimenteer haar lyf, maar ek moet sê die kleur is nie vir my nie. Ek dink dit word te swaar. Ek het ook nog altyd gedink groen is een van die moeilikste kleure om te laat werk as dit by aandklere kom. Sy is ʼn aantreklike vrou – en haar hare is baie mooi.
LUZANNE SÊ: Ek dink sy het asemrowend gelyk. Definitief my gunsteling van die aand!  Die kleur, snit en bykomstighede het die voorkoms perfek afgerond.

Die 68-jarige Britse aktrise het behoorlik die asem weggeslaan in haar groen Jenny Packham-skepping. Dié ontwerper is ook ’n gunsteling van Kate Middleton.

Helen is benoem vir haar rol in die fliek Phil Spector, wat gaan oor die gelyknamige ikoniese Amerikaanse liedjieskrywer en -vervaardiger. Helena Bonham Carter het toe dié prys gewen vir haar rol as Elizabeth Taylor in Burton and Taylor.

Lupita Nyong’o

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

TREND: Rooi en skouerloos

FANIE SÊ: Baie mooi en opwindend. Dis dalk eksperimenteel, maar die ontwerper is geen amateur. Die balans is perfek tussen die afskouer, die mantel wat vas is aan die rok, en die rok self. Die rooi is ook net wonderlik!

LUZANNE SÊ: Rooi was die wenner by vanjaar se Golden Globes. Lupita het vir seker almal se aandag getrek met haar skouerlose rok van Ralph Lauren. Ek is mal oor die dramatiese voorkoms en minimale bykomstighede – dít het al die fokus op die rok geplaas.

Die 30-jarige Keniaanse aktrise en filmmaker is een om dop te hou! Sy is benoem vir Beste Ondersteunende Aktrise vir haar rol in 12 Years a Slave (wat aangewys is as die Beste Film – Drama). Sy speel teenoor Brad Pitt in dié fliek.

Cate Blanchett

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

TREND: Deursigtig

FANIE SÊ:  Hier is Victoriaanse invloed. Die kant is mooi, die ontwerp is goed. Mense gaan óf hiervan hou óf glad nie. Ek hou nogal hiervan en ek sien uit na wat sy gaan aantrek by die Oscars, dit behoort opwindend te wees.

LUZANNE SÊ: Ons hier in die SARIE-kantoor kan nie besluit oor Cate se rok nie. Van ons dink dit is baie stylvol, maar ander dink dit is bietjie vervelig.

Wat dink jy van haar rok? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Cate Blanchett het met die groot toekenning van die aand weggestap. Sy is aangewys as Beste Aktrise (Drama) vir haar rol in Woody Allen se Blue Jasmin.

Amy Adams

 

 

TREND: Helder kleure

FANIE SÊ:  Ja, ek hou hiervan. Ek hou van die kleur-verrassing, tog is dit eenvoudig en beslis nie tradisioneel nie. Sy lyk modern in die rok. Ek moet sê, die onderkant van die rok kom tot sy reg op die verhoog. (Die kleur lyk te veel na die mat op dié foto)

LUZANNE SÊ: Valentino was weer ’n wenner op die rooi tapyt. Amy Adams se elegante rok in twee skakerings van rooi het pragtig by haar lyf gepas. Amy is benoem en het gewen (Beste Aktrise: Musiekblyspel) vir haar rol in American Hustle teenoor Jennifer Lawrence, Christian Bale en Bradley Cooper.

Robin Wright

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

TREND: Metaalkleure

FANIE SÊ:  Ek hou nie van dié rok nie. Die rok is een groot nothingness.

LUZANNE SÊ: Blink is altyd ’n wenner en Robin Wright het ’n veilige keuse gemaak met die goue halternek-rok wat haar soos ’n handskoen gepas het.

Die eks-vrou van Sean Penn (wat nou met Charlize Theron uitgaan) is pas verloof aan die akteur Ben Foster (X-Men). Sy het nóg goeie nuus gekry toe sy as die Beste Aktrise in ’n TV-reeks (Drama) aangewys is vir haar rol in House of Cards.

Michelle Dockery

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

TREND: Die hoog-laag-rok. Dié styl was verlede seisoen gróót en ons gaan dit vanjaar nog baie sien.

FANIE SÊ:  Dis mooi klassiek met net genoeg drama en detail om die kleur ʼn hupstoot te gee. Ek hou van die rok en van hoe sy lyk.

LUZANNE SÊ: Sy het vir my prentjie-mooi gelyk in die hoog-laag-rok met blink versiering. Die snit is eenvoudig, bykomstighede minimaal en sy het haar hare en grimering neutraal gehou.

Net so elegant as Lady Mary – haar karakter in Downton Abbey. Dié reeks is benoem vir die Beste TV-reeks (Drama). Breaking Bad het toe met dié toekenning weggestap.

Nóg oor die Golden Globes

 

 Die groot wenners van die aand:

Beste Fliek – Drama: 12 Years a Slave | Beste Aktrise (Drama): Cate Blanchett vir Blue Jasmin | Beste Akteur (Drama): Matthew McConaughey vir Dallas Buyers Club

Beste Fliek – Musiekblypel of Komedie: American Hustle | Beste Aktrise (Musiekblyspel / Komedie): Amy Adams vir American Hustle | Beste Akteur (Musiekblyspel / Komedie): Leonardo DiCaprio vir The Wolf of Wall Street

Beste Ondersteunende Aktrise (Fliek): Jennifer Lawrence vir American Hustle | Beste Ondersteunende Akteur (Fliek): Jared Leto  vir Dallas Buyers Club | Beste Regisseur: Alfonso Cuaron vir Gravity

Beste TV-reeks (Drama): Breaking Bad | Best TV-reeks (Musiekblyspel of Komedie): Brooklyn Nine-Nine | Beste TV-fliek of Mini-reeks: Behind the Candelabra

Beste Oorspronklike lied: U2 se lied “Ordinary Love” wat spesiaal geskryf is vir Mandela: Long Walk to Freedom.

Die Golden Globes word vanaand, 13 Januarie om 20:30 op M-Net, kanaal 101 uitgesaai. Sien die volledige lys van wenners hier.