Grammys vs Oscars: Kies jou voorkoms vir Valentynsdag
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Dis die seisoen vir Hollywood-toekennings! Die silwerdoeksterre het húl groot aand – die Oscars – en die musikante
hulle s’n – die Grammys! Net soos die gehore verskil, só verskil die voorkomste. Kies jou gunsteling vir jóú Valentynsaand uit en vertel ons daarvan op Facebook en Twitter.
DIE GRAMMYS: 12 Februarie 2012
Hou die blink kant bo met die rock-sjiek voorkoms: Rokerige oë is ’n Grammy-gunsteling. Gee dit ekstra houding en trek ’n “vlerkie” aan die buitehoeke van elke oog. Kies ’n ligte pienk vir jou lippe.

KRY DIE GRAMMY-VOORKOMS
• Maybelline Color Sensational in Kiss Pearl (R89,95) • Rimmel Glam’Eyes Quad Eye Shadow in Smokey Noir (R99,95) • Errol Arendz se Va-Va-Voom-hakke (R890)
DIE OSCARS: 26 Februarie 2012

Glans en styl! Die ou-Hollywood-voorkoms met rooi lippe is perfek, soos Anne Hathaway se rooitapyt-grimeervoorkoms. Kies ’n skakering wat die beste by jou velkleur pas. ’n Donkerpers oogomlyner gee ’n moderne gevoel. Rond altyd af met genoeg maskara.

DIE OSCAR-VOORKOMS
• Guerlain Rouge G in Garconne (R485) • Clinique Quickliner for Eyes Intense in Intense Plum (R180, vanaf 6 Februarie te kry) • Meerminhangertjie (R550)
Verwante artikels
-
Op stel saam met die nuwe groot name in Hollywood
SARIE Maart 2012
Dit word as dié glansrykste tydperk in Hollywood bekroon, toe aktrises soos Elizabeth Taylor, Marlene Dietrich, Bette Davis en Katharine Hepburn op die silwerdoek verskyn het.
































Kommentaar