rtr2j811
Op die rooi tapyt

Oscar-stylwenners 2011

Hollywood se mees glansryke aand het gisteraand ‘n hele paar stylwenners op die rooi tapyt voor die Kodak-teater opgelewer. ‘n Vurige kleurpalet van die rooiste rooi tot nartjie het vir opwinding gesorg terwyl sagte, naakte kleurtone ‘n rustigheid na die styltafel gebring het.

TREND 1: IN ROOI GETOOI

Rooi was ‘n groot aksent op die rooi tapyt. Mede-aanbieder, Anne Hathaway, was die toonbeeld van ou-wêreldse elegansie in haar skarlaken Valentino-rok met bypassende skarlakenlippe. Verlede jaar se Oscar-wenner en vanjaar beslis ‘n stylwenner, Sandra Bullock, was treffend in haar bloedrooi Vera Wang-skepping. Jennifer Lawrence was elegant in Calvin Klein met die minimum juweliersware – ook ‘n groot trend vanjaar.

TREND 2: BALLET-DROOM

Die ballet-geïnspireerde modes, danksy die fliek Black Swan, het dromerige flair aan die rooi tapyt verleen. Hailee Steinfeld se handgeborduurde tulle-romp in ‘nude’-skakerings was groot modenuus op talle mode-webtuistes vandag.

TREND 3: NUDES

Die moet-hê skakering van die seisoen! Michelle Williams in haar Chanel-rok was tydloos elegant in hierdie gewilde sagte naakte kleurpalet, wéér met min juweliersware. Mandy Moore was in ‘n Monique Lhuillier-ontwerp geklee en haar hare styf teruggevat, amper soos ‘n ballerina s’n. Halle Berry se Marchesa-skepping is met kristalle versier en met sy-tulle detail omsoom.

TREND 4: BESSIE-GEUR

Die weelderigheid van die bessie-kleurpalet het perfek by Hollywood se weelderigste aand gepas. Black Swan se Mila Kunis was vroulik, sensueel in ‘n ligpers Elie Saab-skepping met haar hare sagkens opgekam. Die ster van die aand en vanjaar se Aktrise van die Jaar, Natalie Portman, was pragtig swanger in haar wynrooi Rodarte-rok. Scarlett Johansson het weer met kant ‘gespeel’ in haar bessiekleurige rok van Dolce & Gabbana.

TREND 5: SKITTERENDE METAAL

Die metaalkleur het vir hope bling gesorg. Gwyneth Paltrow het geskitter in ‘n styfpassende platinumkleurige Calvin Klein-skepping. Haar veelkleurige Louis Vuitton-juwele uit hul gesogte L’Ame du Voyage-reeks was die perfekte pasmaat hiervoor. Haar oorbelle en borsspeld is van Louis Vuitton-diamante en veelkleurige stene geset in wit, geel en rooi-goud. Haar ring het baguette-diamante en Louis Vuitton-diamante was in witgoud geset is. Hilary Swank se Gucci-rok was ‘n getooi met kristalle en afgerond met volstruisvere.

En wanneer ons praat oor rooi tapyt-wenners, moet die maerder, sexy Jennifer Hudson se naam beslis genoem word. Sy het eenvoudig WOW gelyk in haar nartjiekleurige Versace-rok.

GROEN!

Livia Firth, vrou van Beste Akteur-wenner, Colin Firth, het geblog oor haar 11-rokke-ineen-skepping as deel van die ‘Green Carpet Challenge’.

Bronne:

www.instyle.com

www.vogue.co.uk

www.eonline.com

  • Sabia

    mooi!

  • http://Sarie.com Jesmeen jansen

    My matriek rok was amper soos die een was ook rooi.PRAGTG!

  • Rita

    Waarom so ‘n hoë standaard stel vir die matrieks se rokke? Plaas dit nie bietjie druk op die kinders, en hulle ouers se sakke, om sulke duur rokke te dra nie?

  • http://duoowirpqnew.com/ psnpyayzomu

    acc6e5 cgwrczdvhsfd, [url=http://tbxyvxnhdcim.com/]tbxyvxnhdcim[/url], [link=http://shccurwrjybc.com/]shccurwrjybc[/link], http://yuhbdwftrzmd.com/

  • gqmxmac

    5od29V moeplkdbngdu, [url=http://gvbfwimwfica.com/]gvbfwimwfica[/url], [link=http://moynxpzfstgr.com/]moynxpzfstgr[/link], http://vbealhxnvaai.com/