FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

Gwyneth Paltrow se rok – JA of NEE?

Gwyneth het onlangs by die Britse mode-toekenningsgeleentheid die prys aan die internasionale mode-ontwerper van die jaar oorhandig.

Vir dié geleenheid het die 41-jarige Oscar-bekroonde aktrise ’n pruim-en-pienk kleurblokrok met ’n swart geplooide romp gekies.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê:

“Gwyneth word wêreldwyd gereken as een van die stylvolste en bes geklede vroue van ons tyd. Kyk maar in Vogue self – om net een voorbleed te noem. In dié rok lyk sy weer eens perfek. Sy is eenvoudig ʼn mode-sensasie. Die rokkie is romanties en sjarmant en wys haar mooi lyf en sexy bene perfek.”

Koop vir jou óók so ‘n rok

rooipink

Anneen Henze
R759.00

SARIE se skoonheidspan sê:

“Gwyneth se grimering en hare bewys dat ’n natuurlike voorkoms net so elegant kan wees as ’n meer dramatiese voorkoms. Haar ligpienk lipglans is op trend en werk mooi by haar warm veltoon. Die lipglans saam met haar blou oë, ligte ooggrimering en blonde hare lyk sag en vroulik!

Pleks van die seisoen se gewilde golwe, krulle of bolla het Gwyneth gekies om haar hare mooi uit te blaas. Dis reguit, met ’n bietjie tekstuur. Dié voorkoms is ideaal vir iemand met fyn hare. Dis elegant, tydloos en taamlik maklik om by die huis te doen!”

Wie was die wenners van die Britse mode-toekennings?

Beste internasionale mode-ontwerper – Miuccia Prada

Model van die jaar – Edie Campbell het die titel oorgeneem by die model-van-die-oomblik, Cara Delevingne, wat verlede jaar dié prys gewen het

Edie Campbell

Edie Campbell

Britse styl-toekenning – One Direction se Harry Styles

Spesiale toekenning vir invloed op die modebedryf – Kate Moss vir haar loopbaan wat oor 25 jaar strek

Beste ontwerper van vroueklere – Christopher Kane

Beste ontwerper van mansklere -  Burberry

Handelsmerk van die jaar – Burberry

Rooitapyt-toekenning - Erdem

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate in ‘n Erdem-skepping FOTO: Gallo Images / Getty Images

Beste modejoernalis – Suzy Menkes

  • Elizabeth Avenant

    10 uit 10 vir Gwyneth se rok! Sy lyk pragtig en die rok vlei haar mooi figuur en bene! Lyk vars en sprankelend.