Charlize Theron en Sean Penn in 2014 by 'n toekenningsgeleentheid FOTO Getty Images / Gallo Images

Op die rooi tapyt

Die Met Gala + van die unieke skeppings

Dit is een van die grootste gebeure in die modewêreld – die jaarlikse Met Gala wat die opening van die Metropolitan Museum (The Met) se mode-uitstalling vier. En nie enigiemand kan opdaag nie, want jy word met die hand uitgesoek en moet behoorlik uithaal en wys op dié rooi tapyt!

Die geleentheid word sedert 1948 deur die modetydskrif Vogue aangebied. Die redakteur van dié tydskrif, Anna Wintour, is die een wat besluit watter sterre die geleentheid bywoon.

Verlede jaar was ’n groot jaar vir Kim Kardashian, wat toe haar eerste uitnodiging ontvang het. Ons wonder of Anna al daar besef het dat die Vogue-voorblad met Kim en Kanye op die voorblad een van hul beste verkopers gaan wees? Lees meer hier. Kim se jonger suster, die model Kendall Jenner, het ook vanjaar ’n uitnodiging gekry.

Wat hierdie geleentheid uniek maak, is dat ontwerpers die sterre vergesel wat hul uitrustings dra. Daar is elke jaar ’n tema en vanjaar s’n was Decorations. Maar dié versier-tema het gaste en ontwerpers in verskillende rigtings laat dink. Baie het versierings subtiel inkorporeer. Ander, soos Oscar-wenner Lupita Nyong’o, het dit weer letterlik opgeneem.

Maar die meerderheid van die stylvolle gaste het die groot modekleur vir die jaar, pienk, of monochroom vir dié geleentheid gekies.

PIENK

Reese Witherspoon in Stella McCartney. Haar pienk lip het perfek gepas by haar velkleur én haar rok se pienk.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Emma Stone het die Thai-Amerikaanse ontwerper Thakoon se ontwerp gedra. Die kop-tot-tone-pienk in verskillende skakerings het pragtig op haar gelyk. Die top en romp op die rooi tapyt was ook verfrissend, want die meeste bekendes het rokke gedra.

FOTO: Twitter @voguemagazine

Emma Stone by die ontwerper, Thakoon FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

Die paartjie Blake Lively en Ryan Reynolds lyk pragtig op die rooi tapyt! Blake het ook ’n skakering van pienk gedra. Sy lyk soos “ou Hollywood” in Gucci.

 

Die 24-jarige sangeres Taylor Swift se sagpienk Oscar de la Renta-skepping het metaalkleurige versierings gehad. Die sleep het pragtig gelyk terwyl sy loop.

FOTO: Twitter  @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

MONOCHROOM

Charlize Theron het in ’n Dior-skepping by die Met Gala opgedaag, met haar kêrel, Sean Penn, aan haar sy. Dié paartjie was nou die dag nog in Suid-Afrika! Lees meer hier.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Sarah Jessica Parker het die koppe laat draai in haar groot Oscar de la Renta-skepping.

FOTO: Twitter  @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter  @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

Beyoncé en Jay Z was stylvol monochroom. Beyoncé se rok is deur Givenchy ontwerp en het haar beste bates beklemtoon.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Aktrise Diane Kruger en haar kêrel, Joshua Jackson, loop nie gewoonlik saam op die rooi tapyt nie, omdat hulle baie privaat is, maar hulle het pragtig gelyk!

Aktrise Zoe Saldana saam met die legendariese Michael Kors, wat ook haar rok ontwerp het.

Die 17-jarige aktrise Hailee Steinfeld in ’n Prabal Gurung-skepping.

FOTO: Twitter  @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

 

Die kleure van die aand

Reese Witherspoon, Stella McCartney, Kate Bosworth en Cara Delevingne was in die kol met hul pienk en swart-en-wit uitrustings. Hulle het almal Stella se ontwerpe gedra.

 

Nóg rokke

Die jong aktrise Lupita Nyong’o se uitrusting van Prada het die versiering-tema  streng gevolg. Maar nie almal voel dat dit so sukesvol was nie. Wat dink jy daarvan?

FOTO: Twitter  @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

Klik op die foto’s om te vergroot